Sunday, June 7, 2015

Sheila en Ducktail

 Sheila en Ducktail


Die CD tokkel sy deuntjie uit
“Toe ek nog jonk was”
Was daar sheilas en ducktails
Hells Angels
Was nie soos vandag
Hulle was wrede bliksems
Kettings en knuckle dusters
Was hul trademark
Met swart klere vir die bike

Ek ken n vrou
Wat n steunpilaar is  in die lewe
Met kinders en kleinkinders
Wat nou nog n stukkie Sheila is
Sy het nie n bike nie
maar die swart klere is daar
Die ducktail is ook daar
Sonder sy Hells Angels kleed
Sonder sy knuckle duster
Met baie geld

Vat die pad, vat die pad
Is die kreet
Klouend om sy middellyf
Helmet vas en wydsbeen op die bike
Is sy weer Sheila
Saam met haar ducktail
Wat nie meer n ducktail is nie
Skatryk is hy en daarom het hy n bike

Seshonderd clicks
Is nie n problem
Solank die Sheila
Haar bike kan ry
Saam met haar ducktail
Met die baie geld

Wanneer die son sak
Sug sy tevrede
My alledaagse bestaan
Is verby
Want ek is weer n Sheila
Soos vanmelee

Die avontuur sal nie verbygaan
Want ek wil dit he vir altyd en altyd
Saam met my ducktail
En ek sug - ek verstaan


No comments:

Post a Comment