die
kas
kerslig brandend
flou
buigend is
mensekind
besig om te skryf
aan dinge van
binne die hart gele
dinge diep gebere
wat nou na boontoe
beur
eendag as ek dood
is
sal dit
vertel van my
dit sal vertel van
my diepe seer
dit sal vertel van
my blye lag
dit sal vertel van
dinge gedoen
wat niemand weet
en die een sal se
ek het nie geweet jy is so diep nie
my kas het een
geword met my
elke veeg wat ek
vee maak die kassie
myne en myne
alleen
dit word my liefde
geprojekteer op hout
ek kan dit nie vashou
nie
maar ek kan dit
ruik
ek kan dit sien
maar dit is
tog ook op sy eie
bewondering noudat
dit klaar is
word my eenvoudig
kas
n trotse deel van
my bestaan
dit word n deel
van my latenskap
aan mense wat my
siel sal ontdek
ek is ver opgespoor
op die blad
wat altyd weet
waar alles is
duisend kilos was
hy weg
nader gebring en
gewonder
wat is my
skryftafel se storie
van begin in n
gedagte
tot nou toe
jou oue lyne
is nou by my
vir solank ek leef
ek sal jou koester
vir altyd want ek
het jou gevind
No comments:
Post a Comment