Wie is bossiekop?
die vraag steier teen
my vas
soos ‘n golf van die
see
teen die rotskus vas
wie is bossiekop?
die vraag steier teen
my vas
soos die water oor my
stuif
van golwe gespat oor my
lyf
wie is bossiekop?
sy is die een wat my
bekoor
wurg ek die antwoord
uit
die trane stort soos ek
dit stamel
by eetplek lank gelee
sy is die een met
sneeuwit hare
met vonkel in die oog
wat guitig kan lag
wat se mond soos wynkus
proe
sy is die een wat my
sterre, son en maan laat sien
wat my laat verstil
as ek haar sien of dink
sy is die enigste
bossiekop vir my