Verkeerde Boodskap
Ritmies klik die boodskap uit
Op whats up- bbm of sms
Die boodskap is
uitnodiging van
Frankryk om jolyt te hou vanaand
belofte van opwinding
van die ver plek
neffens die eifeltoring
afwagtingsboodskap
van
kom
na my
is dit nie verkeerd
is dit nie bedoel vir
iemand
anders
n aand van werk word
‘n aand van iets anders
‘n aand van meesleuring
In ‘n nuwe wereld
van passie en genot
vliegtuig wip van die grond af op
die deuntjie van klokkie is gedemp
wat wil jy drink
met guitig grap is die vraag
die vlug is klaar dit is verby
eensaam kamer en tv brul
boodskap moet uit
wil nie vanaand
vasgevang wees nie
vingers is vaardig om uit te nooi
die boodskap uit te stuur
adres is verkeerd en weet dit nie
antwoord is daar
maar ontvanger is verkeerd
hoe is dit moontlik
op die ou end is die aand se passie
die antwoord op die vraag
Die boodskap is reg
die
ontvanger is verkeerd.
No comments:
Post a Comment