Tuesday, September 24, 2013

Wintertyd van my bestaan

soos die veld om my
Is dit wintertyd vir my
bestaan

trots staan ek met my oerlyf
wat nou my
doodsvonnis is

my horing wat my
beskerm het teen ander
in paringsritueel
van eeue ontwikkel

my horing wat wonderwerk is
oor millennium gevorm
is nou my verdoemenis

paraat kan ek wees en lyk
hoe skof wat my vashouplek is vir my wapen teen ander dier

maar teen die mens
is dit niks werd

want in sy gierigheid
sien hy net
die silwerstukke vir genot
van sy sinne

na my dood
beland my trots
in smokkelroete
op pad na vreemde land

ek is in die wintertyd
van my bestaan



No comments:

Post a Comment