Tuesday, September 24, 2013

Daggah Boy

‘n naam is my gegee
daggah boy en almal noem my so
n naam is my gegee
oom en almal noem my so

alleenloop is ek gewoond
want ek hou van dit so
sagte groen gras wil ek kou
dit is makliker so

prooi kan ek maklik word
want slagtand dink
ek is maklik prooi

my lyf is dalk gevorm oor tyd
maar al is my horing geslyt
is ek nog daar
ondervinding is my hulp
om slagtand te ontduik

soms is ek in ver verlede
soms is ek in hede
maak nie saak nie
ek is nog hier

wees my genadig
vra ek nie
want my krag is nie weg
ek is nog ‘n daggah boy
skuins bedonderd
kan ek wees

nie nou meer so baie
want ek het geleer
oom daggah boy is ek nou



No comments:

Post a Comment