Tuesday, September 24, 2013

Die motorfiets

my hare is plat
my kop is gesweet
maar ek hou daarvan
my adrenalien het gepomp
ek het die noodlot getart

van antieke sidecar
tot scrambler
en padfiets met
saalsak is ek op pad

op pad na avontuur
op pad na vreemde blyplek
met dreuning onder my sitvlak
ek kan nie dink
want my hart klop wild

ek moet staan en ry
want dit is deel van my avontuur
ek is bang maar ek druk deur
want ek is nou deel van ietsie anders

deel van ‘n ander groep mense
wat ek nie ken
‘n sheila en ‘n ducktail
soos in my jeug
toe my pa my verbied
het om ooit op die
duiwelse ding te klim

uitdagend skud ek my kop
as ek die helmet
afhaal asof ek gesout is
 in die tipe ding
soos die cherries op die ander ysters

my avontuur het maar begin
op die ysterperd
want ek leer dinge wat ek nie ken
dinge wat lekker is
omdat dit vreemd is
en onbekend

veilig voel ek want ek het vertroue
gekry in die hand wat die bike hanteer
nooit moetswillig want jeug dikteer nie meer

waar die pad heen ly vra ek nie meer
want dit is ‘n groot avontuur
wat my jeug laat tintel in my bloed

ek is weer jonk en wild

No comments:

Post a Comment