Laaste uur
al is ek so klein
word ek afgemaai
vir die klein stukkie
op my kop
my ma is dood
haar bene stokstyf
op die foto van koerant
geen nageslag vir my
slegs eensaamheid en wagte om my te
beskerm
teen die sterk wit boerseun
en omgekoopte stroper
wat afmaai soos hulle wil
die klop klop van die chopper
sirkelend op die plaas
laat my benoud hardloop
want ek weet my bloed gaan vloei
in die stof van afrika
opgesuig word
No comments:
Post a Comment