Traan in my oog
as jy mooi kyk sal jy
sien dat ek ‘n traan in my oog
het
‘n traan in my oog
want my spesie
is bykans daarmee heen
bosveldboer se met bravade
lanklaas ‘n brulpadda gesien
hulle was nog onlangs hier
wonder wat het geword
jonas vandag moet
jy die drade spuit
met die gif sodat die gras nie groei
teen die draad
wees versigtig want dit is
gevaarlik hierdie gif
dit is darem
omgewingsvriendelik
wonder nog steeds
wat het van padda geword
hulle was dan so volop
dit is darem eienaardig
sal more daaroor worry
nou is die gif gooi belangriker
die lewe gaan aan.
ek kan nie veg teen die gif wat my ligaam
indring
ek is magteloos en ek is daarmee heenn
No comments:
Post a Comment