Tuesday, September 24, 2013

Laat die stoeplig brand

laat die stoeplig brand
al is dit
dwarsdeur die nag
my kind

is die raad van
die gryse ouma
met rug al krom getrek
van ouderdom
want sy het alles al gesien

want dan sal
hy die pad kry al is die lyf
ook hoe al dronk
al is die gesuip
nie vir jou gewild

hy sal die pad kan kry want
die stoeplig brand

adam en eva
se skuld
die wilde drang van jeug
om te drink en te rumoer
om te vernietig
dit wat geskenk is van God

geklop aan die venster
twee uur in die nag
wild geskrik
van skok
maar die stoeplig
het gebrand
vir my wilde kind

klein bondel vreugde
het groot geword
maar is nou nie meer
vreugde nie

my kussing is nat gehuil
want wanneer gaan hy
bedaar

net op sy ergste is daar uitkoms
vir my
wildheid word minder
want nou is daar
iemand wat hom tem

dankie Vader – jy het my verhoor


No comments:

Post a Comment