Hou jy van wat jy sien?
Die vraag klap soos ‘n skoot na
binne
Hou jy van wat jy sien?
Die antwoord is maklik
Ja ek hou van wat ek sien
Waarom is die antwoord maklik?
Dit is maklik omdat ek jou hare
kan voel en
sien
‘n pragtige bos wat wip en
swaai
sag is en glansend mooi
Die antwoord is maklik want ek
voel
Dat jy weet wie jy is
Dat jy van mense hou
ook van my
Die antwoord is maklik want
As jy met my praat is die
oogkontak daar
Die vensters van jou siel is
oop
Vir my
Die antwoord is maklik want jy
is
mooi van voorkoms
jy is sag en warm van vreugde
in die lewe
Die antwoord is maklik want
jy laat gemaklik wees oor my
spoel
jou gawe is om te laat ontspan
Die antwoord is maklik want
Jy is mistiek
Onontdek in jou geheimenis
Oopbreekbaar soos ‘n vrug
Die antwoord is maklik want
jy is polsend
maar genoeg van omgee
is in jou hart
Die antwoord is maklik want
die vreugde van menswees vloei
uit jou uit
en gee vir my ook ‘n stukkie
Die antwoord is maklik want ek
vra
Hou jy van wat jy sien?
No comments:
Post a Comment