Tuesday, September 24, 2013

Bosveld Marilyn

My naam is Marilyn Monroe
vir die wiprok vrou van die bosveld
die een wat met guitige lag
ieder en elk bekoor

kamtilie is die woord
wat hardloop in die kop
betekenisloos vir meest
vir my ‘n begrip
wat ek ken

diamanthare wat daar is
van skielik smart
getooi deur die
wind van verandering
gebring van ongekende diepe
smart

voorvat raakvat vrou
van menige dag
wat menige laat sug
was ek ook so

Kunstig in my wese
Optooier van formaat
Sprankelend die resultaat
Weereens die gesug
 was ek
ook die kunstenaars
siel

sielsgenoot vir die spesiale man
wat haar verstaan
wat haar uur van nood
kan deel
wanneer haar musiek dreun
in diep donker slae op tossiesfontein

van stoep sit dae aaneen
wat diep behoefte vervul van deel
kan koester met gedagte

ek weet sy is die
omgee vrou van formaat
my Marilyn van my lewe
ware vrou vir my
salwend as sy met
haar lag my lewe tooi


No comments:

Post a Comment