Tuesday, September 24, 2013

My lief Engel


jou woorde sal altyd
met my saamdraf
oor die pad van my lewe
‘n refrein in my ore

jou glimlag wat gul my
verwelkom
na ‘n sware dag van
moeisame arbeid

diedels is wat jy
 my soms noem
al die bynaampies is
nektar in volop strome
vir my sleurbestaan.

dit sal my voed in die tyd wat
uitgegrawe word
dag vir dag in die sware klop
van sonskyn en nag.

‘n bytjie word gekoester
soos onskuldig
kindgedoen
so word my samesyn
 met jou my gekoester

in die dieptes was ons ervaring
op hoogtepunte het ons gery
ons grootste vrees is
om alleen te wees.

saam het ons die angs oorkom
 en mekaar gevind in
 hierdie wye wye wereld
om saam die hoof te bied

min weet ons wat voorle
in onseker bestaan
maar ons hoop dat die son
  sy gloed weer oor ons sal gooi

weer daardie eenmalig
wow wat my lam laat
in die dag van passie



No comments:

Post a Comment