Tuesday, September 24, 2013

Gatoor

Die dag toe ek
 jou sien was ek
diep benoud

jy was oorweldigend naby
indrukwekkend groot
my angs
het in my oor geklop

jou oog het verwoed na my gestaar
ek het die gids gevloek wat jou na my gebring het

wat jou krag en mag uitdaag met domheid
en argwaan

my kloppend hart
bedaar toe jy omdraai met veragtend gebaar

van toe af het ek geleer
om jou te respekteer
anders as die gids
wat jou uitdaag

my weet het verander
toe ek begin leer
dat jy

in die spervuur gaan land van uitdryf in jou land

dat jy gery gaan word
op kommersiele dwinglandy

jou trots verminder gaan wees as nog een van die
groot vyf wat oorwin is

wat net vir die genot van mense beskore is
wat getem is vir plesier

maar jy bly vir my
die ontsag van daardie
dag wat ek jou ontmoet het van oog tot oog as simbool van afrika


No comments:

Post a Comment