Tuesday, September 24, 2013

Bosveld nonnatjie

Uit die suidland is daar
‘n Stellenbosche nonnatjie wat roep
Na verlange van haar vriend
Die liedjie zoem in jou kop
So dikwels jy dit hoor.

Uit die hoogland van ons land
Digby die metropool
is daar ook ‘n nonnatjie
een wat droom oor
‘n ander plek

‘n plek wat die bosveld heet
Die plek van bome en veld
Soms dor en hard
Anders as die suidland van wyn en sand
Waar die ander
Nonnatjie bekoor

Die bosveld nonnatjie
Is een wat opreg hunker
Na die boomveld
En grasveld
En die waterstrome
Van die waterberge

Hunker na die wye lug
Na die saans se sterre
Wat jou oorweldig
As jy daarna staar vanaf jou
Kombers van kindwees onthou

Verskietend ster kan sien
Nie besoedel
Deur rookwolk en lig
Naggeluide hoor en
rillend luister na die gebrom
van luiperd en ander dier

Die bosveld nonnatjie
Wil gaan
Na die bosveld waar
Sy weer mens kan raak
Al is dit net vir kortminuut
Daar vind sy die rus vir ‘n siel benoud
Van al die gewoel en angs verlos




No comments:

Post a Comment