Tuesday, September 24, 2013

Jakaranda Persprag

oktober is die tyd
van tooi met blomme
‘n stad met persprag

duisende bome kreun van die vrag
mens en kar gly op die
pers tapyt wat le soos sneeu
niemand word kwaad nie
want dit is tog te mooi

lanings geplant in dubbel ry
vir staatsamptenaar
sodat hy tog nie son moet kry

tradisie tyd is student se guitig lag
as die blom op my
kop val gaan ek slaag

tradisie tyd is soldaat se plan
vang die eerste blom
dan weet jy kursus is amper klaar
die kursus waar jy leer
 om mense dood te maak

wit jakaranda is hier ook
gebring van verre land
om anders te wees
maar persprag is te sterk

tagtigduisend bome is gesaai
en is en bly ‘n vreemdeling
in ons Dorland
maar gedy in stad

wet verbied die boom
maar dit help nie want
hy is deel van ons kultuur
 in hierdie stad

radiostasie skreeu heeldag deur
jackieranda met sy klingels
wat mens se siel versteur

vroue in kantoor neurie saam
die hele dag deur
jacarnda se klingel
die persprag deel van hulle



No comments:

Post a Comment