Tuesday, September 24, 2013

My liefde het gefaal?


Het my liefde gefaal?
Ken jy daardie antwoord vir my
Kan jy my daarop antwoord
Hoe diep le my liefde vir jou?

As my kierie stamel
As my been nie wil nie
As ek alleen voortstrompel
In die nag alleen

Flikkerend is die kers
Nog nie uitgeblaas .
‘n mikpunt vir my
‘n doelwit wat ek wil haal

Soekend is my siel
Na my as blond
Se woorde van oortuiging
Na my glo in altyd

Doelwit is al skuiwend
Heen en weer soos
Reenboog wat ek nie kan vang

Diep vastend met vaste hand en blik
Dan weer guitig en pretbelaaid
Dan weer kaalkop die waarheid
Ritsend op die brommer

Soekend na die waarheid
Het ek geloop van
een plek na die ander
van oral oor het ek na hulle
gesoek
die antwoord wou ek kry

Jy ken die antwoord
Weet ek
As jy net wil se

Het my liefde gefaal?
Slagtand

jou slagtand hang om my nek
uitgeslag nadat
ek jou met een skoot
geklap het

n dag sonder bloed is ‘n dag sonder sunshine
is my leuse

wat ek vertel vir wie wil hoor
of nie hoor

meisies gril
mans grinnik
asof hulle ook so is

maar broeke bewe
en word nat van vrees
as ontmoet of gelyke vlak

geen kans het ek teen
30 - 06 wat my neervel

vir my spogtand om jou nek
hangend oor yl word borshaar
six pack daarmee heen



Rooi is my hartstog

Rooi is my hartstog
as jy by my is
as jy getooi is in rooi
van top tot tone
voel ek die pols
in my klop

Rooi is my hartstog
As jy in my oe kyk
En saggies oor my vryf
Jou rooi se vir my
Jy is vol hartstog vir my

Rooi is my hartstog
As ek jou blomme bring
Rose vol rooi
Jou oe glinster
As jy my kus

Rooi is my hartstog
As jy
Jou rooi lippe
Oor my speel
Jou merk op my laat
My hartstog laat ontketen

Rooi is my hartstog
 as jy my vingers
laat voel
wat hartstog beteken

Rooi is my hartstog
as jy my plekke
vind en troetel
wat my hartstog
laat vlam en gloei

Rooi is my hartstog
As jy my lei
Na jou plekke van hartstog

Rooi is my hartstog
As ek ontlaai
By jou
Want jy is die een
Wat ek bemin


My droom

om die pot vol goud te vind
in dubbel formaat van
dubbel reenboog

oer belofte van reen
wat vir noag sal
 keer om nog te bou

wanneer ek jou sien
 is daar tyd vir fabel
aan kleine kinders
van die pot van goud

naby aan jou
 kan ek nie kom
jy is soos ‘n gedagte
al skuifend weg

my verwondering bly daar
wanneer ek na jou staar

wonder wat het
oermens gedink toe
oog dit sien

jy bly my verwondering
wanneer ek jou sien


Storms van die lewe

soos die padteken
 voel ek soms teen die storms van die lewe

die wolke is sag
maar soos dit nou yk
is dit vreesaanjaend

dit kan losbars
oor my
dit kan my vat
en vasgooi teen die grond

rollend is die krag van die
storm
dreig dit my
maak my bang vir dit wat kan kom

tog waai die wind en dan is die angs en vrees daarmee heen

en die lug is blou
en skoon van storm en wind

wat my beangs het
wat my laat anker het waar ek was

nou is dit net ‘n gedagte ver
en kan ek weer gaan



Bosveldpaaie

ver le die pad van die bosveld onder die maroela deur

boom van vrugte
vir mens en dier

my spesiale boom want
sy vrug gee
‘n franke smaak
my tong protesteer
maar ek bly eet

waar bosveld verniel is vir landerye
het maroelaboom bly staan
want die boom is mos iets werd

asof die ander
net in die pad is
vir winsgrens en bottomline

hoe haat ek die woorde
wat die natuur
so uitroei

my siel kan
die oggendstond
nie verlaat dit bly talm
wat ek sien
en my gedagte keer terug

na die toneel
van maroelaboom langs die paaie van die bosveld


Jy staan uit

op die ver pad van die bosveld kry ek jou

tussen al die bosveld prag
jy staan ver uit
bo al die ander

wonder oor jou
is jy die moeder
van al

of is jy net die een wat uitstaan bo die ander

jou tyd kan ek nie skat
maar ek weet
dat ek vir jou sien
as die een wat uitstaan bo die ander

jy is die een wat my bybly
op my paaie van swerf
hoe mis ek jou

hoe graag wil ek jou sien
in winter blomtyd
om jou prag te koester

Dagdroom meisie

Dagdroom Meisie

Jy is my dagdroom meisie
Wanneer ek jou sien
En jy vriendelik glimlag
Voel ek verheug
Want jy is bly om my te sien

Jy is my dagdroom meisie
Wanneer ek jou rooivos hare sien
Dan weet ek
Dat ek jou weer gevind het

Jy is my dagdroom meisie
Want wanneer ek weg is van jou
Dan droom ek van jou
Ek droom van jou dikwels
Van jou gesels en lag
Jou onnutsigheid en jou passie


Jy is my dagdroom meisie
Want wanneer ek wil ontvlug
Uit my sleurbestaan
Kan ek na jou toe vlug
Kan ek oor jou droom

Jy is my dagdroom meisie
Want jy maak my vel tintel
Jy gee my glans
Jy is my avontuur

Jy is my dagdroom meisie
Want as ek jou verlaat
Dan is ek bly oor ek by jou was
Dan is ek hartseer dat ek moet gaan
Dan sien ek uit om jou weer te sien

Wat ek jou vra my dagdroom meisie
Is om my dagdroom meisie te bly
Solank jy kan


Gras van Afrika

assegaai gras is my naam
ek is kind van afrika
want assegaai is

die wapen van afrika
in oertyd tot nou

nou is dit kalaskinov
wat wapen is van Afrika
met AK oor my skouer is
ek sterk en kragtig
soos wat ek was

met impi bestaan
kon ek rooibaadjies
en voortrekkers roer
met my assegaai

vandag is die gras se naam
net herinerring aan tyd
toe bloed gevloei het

op afrika se grasvlaktes
bloed van mensekind
bloed van dierekind

gras is vandag die stapelkos
wat ons noem

voedselsekerheid
wat ons benoud maak
gaan daar genoeg wees
vir mensekind

die volgende oorlog is oor

 kos en water vir afrika se kind

Sielsgenoot


weet ek wat dit beteken
om ‘n sielsgenoot te he
een wat weet
wat in my kop aangaan

wat weet as die traan
oor my wange kibbel
een wat die sout
van trane verstaan

een wat ruk van
 twee uur se geklop
in die nag
wat hulp
kan roep as dit so gaan

een wat guitig kan lag
as die grap gebeur
as die lewe
vol prêt kan wees

een wat die liefde verstaan
nuuskierig na die volgende gaan
wat nie weet  hoe om nog
 ‘n sielsgenoot te kan kry

een wat drome wil uitle
nebukadnser wat se
waarom is die skrif teen die muur
wat droom van krokodille
wat nie bestaan

een wat diep
teer kan wees
een wat wild in die
liefde kan wees as die nag toesak
wat diep in die bos wil wees

die hare is wit van skielig smart
een wat kinderlik kan glo
wat van die pad nie sal wyk nie

sy is my sielsgenoot
vir nou en vir solank wat die

begrip bestaan
Wintertyd van my bestaan

soos die veld om my
Is dit wintertyd vir my
bestaan

trots staan ek met my oerlyf
wat nou my
doodsvonnis is

my horing wat my
beskerm het teen ander
in paringsritueel
van eeue ontwikkel

my horing wat wonderwerk is
oor millennium gevorm
is nou my verdoemenis

paraat kan ek wees en lyk
hoe skof wat my vashouplek is vir my wapen teen ander dier

maar teen die mens
is dit niks werd

want in sy gierigheid
sien hy net
die silwerstukke vir genot
van sy sinne

na my dood
beland my trots
in smokkelroete
op pad na vreemde land

ek is in die wintertyd
van my bestaan



Vuur in die bos


In my jonkheid het ek geloop
In die caprivi van verland
Daar het ek vuur ontmoet
Gebrand op die aarde van afrika
Sonder moeite of verdriet

Dit is deel van Afrika bestaan
Boom het binnebrand
In gat in stam le die kole in die hart
En brand met boom ongeskonde groen

In suideland gery en vure brand
Gereeld sonder angs of omgee
Vure wat Afrika groen maak
Vir nguni en bok
Sodat hulle melk gee soos dit kan

In bosveld het ek angs begin kry
Van boer wat vrees
Oor brand sy alles sal verwoes
Oor magteloosheid as die berge brand
Geen plan om dit te stop nie

Wortels van gras is nog nie vol gestoor nie
 want dit brand onbeheers
net wanneer dit wil

komitees en wet probeer
Afrika tem op die gebied
onmoontlik roep ek uit
Afrika is ontembaar

soos die man wat staar
na die ou vrou in die brand
starend sonder om seer te kry

bewend van vrees as jy die gestalte sien
in die vlamme
van Afrika
dis my verbeelding ooraktief
ek droom verniet angs

dis maar net nog ‘n brand van Afrika wat woed
more is dit dood
dan is alles weer groen

en ek puur verniet so bang
Te lank het ek geleef

strompelend steier ek die
pad af dorp toe

melk en brood is klaar
en ek moet kry
want my tande is op
die brood en melk is sag
om te eet

laas het ek uit die taxi geval
my bril is stukkend
en my broek geskeur

kinders het my vergeet
en ek moet maar steier
dorp toe
anders kan ek nie eet nie

vrou is dood seker
omdat ek haar
so gevloek het in my kop
want sy het my hel gegee
toe sy geleef het

RIP
 jou bliksem

my kierie is darem reg
met wit tou en gom
vasgemaak en nou
 is dit my stut

my kierie so skuins uitgegooi
strompelend af in die pad
suiker ek af dorp toe

te trots om iemand te vra
om my te vat want ek kan nog na myself kyk

rakkers gooi my met
stokke langs die pad

honne blaf hulle gat  af
maar hulle weet
kom naby my
en ek neuk hulle met my kierie
dat hul tjankend hardloop

terug by my kaia proe ek die melk
en eet ek my brood

en ek weet ek het te lank geleef
in hierdie woeste ongenaakbare wereld


Sambreel boom

jy is vir my boom van afrika

platkroon is ‘n naam
sambreel boom is nog ‘n naam

Maak nie vir my saak nie

ek dra jou in my hart
want jy is die boom
van die bosse en vlaktes van afrika

ek kan jou nie vasvang nie
 jy kan myne nie wees nie

maar ek verstaan die woord savannah
en droom van my reise in afrika

want ek sien die vlaktes
in my gemoed
as ek jou gewaar

en ek wil jou vashou in my oog

want jy is my afrika in my stille gees
as my son sak

weet ek van jou
Laaste uur

al is ek so klein
word ek afgemaai
vir die klein stukkie
op my kop

my ma is dood
haar bene stokstyf
op die foto van koerant

geen nageslag vir my
slegs eensaamheid en wagte om my te beskerm

teen die sterk wit boerseun
en omgekoopte stroper
wat afmaai soos hulle wil

die klop klop van die chopper sirkelend op die plaas
laat my benoud hardloop

want ek weet my bloed gaan vloei
in die stof van afrika
opgesuig  word

die einde is in sig
Gatoor

Die dag toe ek
 jou sien was ek
diep benoud

jy was oorweldigend naby
indrukwekkend groot
my angs
het in my oor geklop

jou oog het verwoed na my gestaar
ek het die gids gevloek wat jou na my gebring het

wat jou krag en mag uitdaag met domheid
en argwaan

my kloppend hart
bedaar toe jy omdraai met veragtend gebaar

van toe af het ek geleer
om jou te respekteer
anders as die gids
wat jou uitdaag

my weet het verander
toe ek begin leer
dat jy

in die spervuur gaan land van uitdryf in jou land

dat jy gery gaan word
op kommersiele dwinglandy

jou trots verminder gaan wees as nog een van die
groot vyf wat oorwin is

wat net vir die genot van mense beskore is
wat getem is vir plesier

maar jy bly vir my
die ontsag van daardie
dag wat ek jou ontmoet het van oog tot oog as simbool van afrika


Traan in my oog

as jy mooi kyk sal jy
sien dat ek ‘n traan in my oog
het

‘n traan in my oog
want my spesie
is bykans daarmee heen

bosveldboer se met bravade
lanklaas ‘n brulpadda gesien
hulle was nog onlangs hier
wonder wat het geword

jonas vandag moet
jy die drade spuit
met die gif sodat die gras nie groei teen die draad

wees versigtig want dit is
gevaarlik hierdie gif
dit is darem
 omgewingsvriendelik

wonder nog steeds
wat het van padda geword
hulle was dan so volop
dit is darem eienaardig

sal more daaroor worry
nou is die gif gooi belangriker
die lewe gaan aan.

ek kan nie veg teen die gif wat my ligaam indring

ek is magteloos en ek is daarmee heenn
Met Draad en Pale

word my bestaan geruguleer
want die geklap
van ‘n skoot en
die gekap van ‘n byl
het alles omgekeer

my modderpoel is nie meer
een van my maaksel nie
maar die van
‘n mensekind

wat dink dat ek dit sal waardeer
ek vat dit maar
 want daar is niks anders
weeskind is ek uitgelewer
aan geweer.

slagoffer gedwing
agter draad en pale
goed bedoel
 maar nie my wil

my wilde siel is nou
die van bees
want ek is nou die
teeldier van die mens

om mammon nog
 beter te dien  by
 spogparty in verre land
waar vreemde mens my

beskermingshoring
gekaap het vir
vreemde ritueel en valse krag

gedoem bly ek nou
agter draad en paal


Keuse

In die maak van keuses
Is daar baie modelle
 om van te kies

probleem oplossing is my nering
elke dag storm dit op my af
wat van dit
wat van dat

gun my tyd om te dink
ek moet daaroor slaap
soos die ou mense se

die moeilikheid is nie
net by die werk nie
dit neuk ook by die huis

ons moet praat
waaroor?
hoe gaan ons die
moeilikheid oplos
hoe gaan ons daardie
 moeilikheid oplos

wanneer keuses
begin torring
aan menswees
en nie iets verafs is nie

waneer dit my persoonlik
binnedring
my gemoed verswelg
dit is ‘n keuse tussen lewe en dood

wat moet ek doen
ek is verward
ek het geen raad

huil kan ek nie meer
trane rol sommer net
 maar ek voel dit nie

dan is daar net een raad
word stil en dra dit op

dit is ‘n keuse wat vir
 jou gemaak sal word
tot die beste voordeel vir jou


ek weet