Sunday, June 7, 2015

wanneer jy

Wanneer Jy


Wanneer jy by my is is ek baie gelukkig
Wanneer jy saam met my ry
 se jy daar gaat ons
Wanneer jy saam met my op die stoep sit
 is daar vrede in my gemoed
wanneer jy my hand vashou
gaan my hart doef doef
Wanneer jy saam met my swem
 is dit vir my lekker
wanneer jy lag as jy gelukkig is
is ek bly
wanneer jy down is sak my son
wanneer jy siek is wil ek jou net versorg
wanneer jy lag is die son helderder vir my
wanneer jy lag sien ek net goud
wanneer jy nie by my is nie
verlang ek my dood
wanneer jy nie by my is nie
 is ek nog steeds lief vir jou
wanneer jy by my is
 weet ek ,ek is baie lief vir jou

my sielsgenoot vrou

Verandering

Verandering
verandering is die enigste
konstant se die
konsultant


in my lewe die
afgelope twee maande
ervaar
alles het verander
die saam swem is weg
stoeppraatjies is nie meer
daar gaat  ons
is verby


wat nou gemaak
hier op twyfelfontein?


alles het verander
koestertyd is daarmee heen
oplossings vind vir 
uitdagings is klaar
pamperlangsessies
is nie meer
dit het in die niet verdwyn.
oggendpraatjies voor werk
het verdwyn


want die hawelose
domineer
alles het verander
oor jou skouer loer
die norm
sakke onder die oe
vel vol knoppe
wat nie deur
justine gekeer kan word


die hawelose bly regeer
die vreugde van saamwees
is totaal verander.


wat nou gemaak op
twyfelfontein?
bly net glo ek het hom 
nie lief dit moet jy weet


ek weet nie hoe 
om die hawelose
te laat vertrek
so ons sal dit maar doen
want hy het ingetrek
sonder om te vra


breed sit hy in die kerk
vir almal om te sien
met sy kleed van gelowigheid
nou al wat ek kan doen
is om die verandering te 
aanvaar 


die proses bly
ontkenning
blamering
dan begin om aan te pas


finale stap is
aanvaarding van die hawelose
as die toekomsblik
van magdalena


my vraag bly
wat nou gemaak hier op
twyfelfontein


Teerheid in die liefde

Teerheid in die Liefde

Teerheid wat is dit?
Is dit om jou sagkens aan te raak?
Is dit om jou te koester in my hart?
Is dit om jou oe liggies te soen?
Is dit om een te wees met jou?

Is dit om jou sielsgenoot te wees?
Is dit om met jou te wees sonder seer?
Is dit iets anders wat ek nie weet?

Teerheid is so broos
Dit kan maklik gebreek word deur harde hand
Verpletter word met n skewe woord
Vermink word sonder weet

Teerheid is so sterk
Dit is so sterk omdat dit jou kan verander
Dit is so sterk omdat dit jou genees
Dit is so sterk omdat jy dit gee

Wanneer jy teerheid wil he is ek ru
Vertrap ek die teerheid sonder begrip
Wanneer ek teerheid wil he besef jy dit nie
Hoekom is dit so?

Ons is mense en ons sukkel met die begrip
Wanneer ons met mekaar verskil
Wanneer ons nie wil verstaan nie
Wanneer ons woedend is
Is teerheid nie daar

Wanneer die drif bedaar
Wanneer die woede uitsypel
Waneer die begrip versprei oor ons saamwees
Dan kom teerheid weer nader

Liefde is my droom om te behou
Want dit gee my ook teerheid
Wat ek so graag wil he

Laaste vraag
Wat is teerheid?
Wat is liefde?
Daar is baie antwoorde
Maar my antwoord is


Die teerste deel van liefde is om mekaar te vergewe

Sonstraal

Sonstraal
Jy is my sonstraal
want as ek jou sien na lange tyd
is dit soos die son wat uitkom na harde bui
alles voel weer reg
en ek weet dit is soos dit moet wees

as jou hande deur my hare streel
wil ek flou word
van verwondering dat jy weer by my is

my hart ruk so as jy se dat jy gelukkig is
jou stuitigheid bekoor my ongelooflik
en ek glimlag van oor tot oor

want jy is weer by my
jy lyk so mooi in swart en wit
jou ring blink wat ek vir jou kon gee
die steen wat jou
 altyd en vir ewig aan my verbind

jy is my beminde
vir n lewe en nog n tyd
waarlik my liefde

wat ek nie kan vergeet

Sheila en Ducktail

 Sheila en Ducktail


Die CD tokkel sy deuntjie uit
“Toe ek nog jonk was”
Was daar sheilas en ducktails
Hells Angels
Was nie soos vandag
Hulle was wrede bliksems
Kettings en knuckle dusters
Was hul trademark
Met swart klere vir die bike

Ek ken n vrou
Wat n steunpilaar is  in die lewe
Met kinders en kleinkinders
Wat nou nog n stukkie Sheila is
Sy het nie n bike nie
maar die swart klere is daar
Die ducktail is ook daar
Sonder sy Hells Angels kleed
Sonder sy knuckle duster
Met baie geld

Vat die pad, vat die pad
Is die kreet
Klouend om sy middellyf
Helmet vas en wydsbeen op die bike
Is sy weer Sheila
Saam met haar ducktail
Wat nie meer n ducktail is nie
Skatryk is hy en daarom het hy n bike

Seshonderd clicks
Is nie n problem
Solank die Sheila
Haar bike kan ry
Saam met haar ducktail
Met die baie geld

Wanneer die son sak
Sug sy tevrede
My alledaagse bestaan
Is verby
Want ek is weer n Sheila
Soos vanmelee

Die avontuur sal nie verbygaan
Want ek wil dit he vir altyd en altyd
Saam met my ducktail
En ek sug - ek verstaan


Seisoene van liefde

Seisoene van liefde
Eers het ek nie geweet wat liefde is nie
Die lente seisoen van die liefde het aangebreek
Dit het my groenigheid gegee
Die water het gedrup en ek was vrolik
aan hartseer het ek nie gedink
Toe weet ek wat hierdie liefde is
Dit is die woord verliefdheid

Somertyd van die liefde het aangebreek
Voor ek dit kon weet
Het dit geword
n tyd van lange dae
somer, son en saffier was
die rympie
nooit het ek gedink dat dit gaan verander
dit is dan liefde het ek gedink

met die najaar het iets verander
sonder dat ek wou
vasgeklou aan die somer
maar gesien hoe word die dae korter
die eensaamheid van die grou word meer
en meer
dit is nie my skuld nie, ek het nie gevra daarvoor nie
is die kreet
dit is dan die verwoesting van die liefde het ek geweet


nou het die eerste ysgolf oor my hart kom breek
die eensaamheid het my oorspoel
en dit het ek besef
 is die wintertyd van die liefde
daar waar eensaamheid jou vat
en jy oor blaarloos vlakte staar

daar waar die verbrande bruggie staan
die een wat
so toegegroei was in die somertyd van liefde
en nou weet ek
liefde het seisoene
en ek verstaan

die vraag bly
waar is jy in die siklus van die liefde?
Is jy in lentetyd of somer
Of in herfs of selfs die winter?

Ek ken nou die antwoord in my hart







outobiografie

outobiografie van Magdalena
Hierdie digbundel is
die outobiografie van Magdalena
Dit word gedoen deur
Versieboer
reg of verkeerd
in Magdalena se 
perspektief
Elke gedig vertel n klein
verhaal van wat Magdalena
beleef
elke dag van hàar lewe
daar is op en af tye
lekker en swaar tye
blydskap en seermaak 
tye

màar dit bly
Magdalena se outobiografie
geskryf deur
iemand anders
op elke gebeurtenis.

op pad het ek verdwaal

                                         Op pad het ek verdwaal      
My nek wys dit
dat ek verdwaal het
op my lewenspad

daar is net tattoos
op my nekvel
daar waar die nekvel die dunste is
lekker seer

my bossie blomme smous ek
en hoop
dat mevrou dit sal koop

sy sal my glo
as ek se
dat ek n broodjie wil koop
min weet sy dat ek nog meer nodig het
vir die pyn van n opgemorste lewe

die droe leivoor in die skadu
is my blyplek
op my dorp De Rust

was in die bendes
maar vandag is ek te oud
na ‘n lewe van geweld en roof

my blomme van die veld
is my enigste mooi in my lewe
maar ek is honger
vir drank wat my lewe vreet

my naam ken hulle nog
want dit was slagter
in bendetaal
n slaghuis ken ek nie
maar jy weet goed waar my naam vandaan kom

koop n bossie blomme
koop n bossie blomme
vir mevrou

sy sal daarvan hou

my mooie Tossie

My Mooie Tossie
Sy droom van feetjies in die veld
sy is n kleine dogter in haar hart
deur die lewe gebeitel
tot volkome vrou
sy staan bekend
as mooie tossie in die dorp
elkeen wat haar sien
wuif vir haar
sy is koningin van die dorp
Sy is avontuurlustig
soms tot nadeel van haarself
al haar vriende
staar na haar met verwondering
oor wat sy doen en sug
kon ek dit maar doen
haar ogies blink
as sy van liefde
hoor
sy. is van liefde aanmekaar gesit
sy stort dit uit aan almal
rondom haar
Familie vas is sy beslis
haar moeder is haar kroon
weekliks is sy daar
om te bemoedig
en te steun
haar kinders
is in haar hart
sy troetel elkeen op 
haar eie manier.
kleinseun is haar hart
se punt

Haar naam is mooie tossie
hier waar sy bly
sy maak my hart so bly
haar trademark is
haar glimlag
my mooie Tossie

n diepe hartseer

n Diepe Hartseer
n Diepe hartseer
het my oorval
my bekruip soos n wilde
dier
ek staan weerloos
teen die seer
my arms is lam
my bene bewe
ek het nog nooit
so gevoel.
die hartseer is so diep
ek hoor jesus roep
my god waarom het
u my verlaat
vergeefs probeer ek my
borswering
van kindersmart
wèer vind
dit het my bewaar
toe ek as kind
verwerp 
aangestrompel het
in die lewe
tevergeefs is dit nou
ek is gedoem
want ek kan niks
doen
sy lag net en se 
ek verbeel my
sowaar
dit is seker waar maar
vir my is dit
swart smart
smart wat
nooit weer sal heel
maar dit sal beter word
soos die tyd
verloop
ek hoor die donker klanke
van lisa se klavier
die liedjie push me to the
floor bly by my maal
in my kop
en ek weet ek beleef
ware smart
gelukkig ken ek God
en weet dat hy my sal help
my diepe hartseer
sal deur hom
verander word
en my lente sal weer
aanbreek
met of sonder jou.


my lewe op n bladsy

My lewe op n bladsy

Die donker slae van
 push me to the floor
slaan in golwe
oor my
waar ek in. dieptes
van smart le
Stadig tel die heilige
gees my op
en begin om my
heel te maak
ek word stukkie
vir stukkie heel
my lewe
gàan voort
soms baie met 
God
soms minder met
God
my sus gaan dood
en my moeder
treur soos ek
onbedaarlik bly die
smart
Vreugde het ook gekom
my seun het bedaar
my dogter het getrou
en n kind gebáar
al het die 
gehyg na lug
nou is dit weg
die Heer het my weer gered.
en vandag is hy my hart se punt
liefde het ek gejaag
in die verre kaap
het ek gesoek
sonder ophou
vakansie na vakansie
maar dit het nie gewerk nie
in my nabyheid. het
versieboer sy liefde
verklaar
dit is nie wat ek wou he nie
en ek het avontuur
gesoek en n ryk man
gekry
met bikes en karre
ons het lekker getravel
en memories gemaak
wat ons bymekaar hou
ek kan hom nie drop nie
verskonings sal ek bly vind
om hom te behou
want hy is my backup
vreugde het weereens my
deel geword
met my projek 
wat sukses op sukses
lewer
die Heer sorg nog
vir my dag na dag
net die liefde
is ontwykend vir my
sal dit bly jaag
omdat ek n wilde loot is
want dalk sal ek dit kry.
na lange jare is ek
klaar met alles wat ek
elke dag ken
my nuwe lewe gaan begin
nou kan ek my uitleef
saam met God
Versieboer het nou getrek
na twyfelfontein
om sy laaste gedig te
skryf oor die liefde
wat hy verloor het.
Die daeraad wink
nou vir my
met belofte van sukses
weereens
was die Here getrou


my wilde loot

My wilde loot
sy is my liefde
oor jare van n lang tyd saam
sy is die een wat my bekoor
al is sy n wilde loot

in die wingerd
wat die wyn laat borrel kry jy altyd n wilde loot
met snoeisker huiwerend wil jy die wilde loot
lei om vrugte te maak
vrugte van liefde
voortbringend uit die grond

al is jy n wilde loot
wat weghardloop van my
weet ek dat met die regte liefde
en n begrip vir jou siel
sal ek dit dalk regkry
om wyn uit jou te kry

wanneer die avontuur roep sonder my
weet ek darem dat dit is, omdat jy n wilde loot is, soms
en ek moet dit weet

nou sit ek die snoeisker neer
want dit is nie meer nodig om die wilde loot te tem nie
sy sal self eendag nie meer ‘n wilde loot wil wees nie

en die liefde kies en nie meer n wilde loot wil wees nie

Melite

Melite
ek het n vreemde naam
n naam wat mooival op die tong
n naam wat jy altyd sal onthou
want dit is vir jou n naam
wat vertel van die Here
en ook van diensbaar wees

die verlede borrel uit
vloeiend in strome
dinge wat verberg was kom nou na vore
dit is helend
en maak
dat die verlede onbelangrik word.

Melite is een wat nou n nuwe naam het
wat n ander betekenis kry
Melite wat bid vir genade
oor haar lewe

ek word nou toekomsmens
n mens wat vir die Here vra
wat kan ek doen?
al was dit net vir n stonde
dat ek myself ontdek het
bly dit die moeite werd
ek glo nou in myself, en weet dat

ek gelei sal word na waar ek moet gaan

Magdalena

Magdalena
Wanneer jy na Magdalena se gedigte luister sal jy weet dat sy weg is maar dat die liefde van Magdalena altyd sal bestaan.
 Sy is nou weg maar jy sal die liefde wat sy gekry het in haar lewe net n bietjie beter verstaan. Jy sal dalk jou eie liefde ook in haar vertelling en gedigte kan vind. Dit sal dalk ook jou verhaal wees een van geluk, hartseer en blydskap in die liefde.
Sy het haar lewe lank net gesoek na die liefde wat haar so ontwyk het. Op haar sterfbed het sy net geglimlag en geweet al was dit te laat was daar iemand wat haar bemin het soos sy altyd graag wou he. Nou maak dit nie meer saak nie maar dit is genoeg gewees.
Liefde is, het sy verstaan is maar eenvoudig en dit is om by jou te wees. Langs jou bed in ICU waar  jy kromgetrek is van die pyn, waar jy as oumens op die draadstoeltjie sit sonder hoop maar die liefde is daar in jou hart al kan jy niks meer doen nie.
Sy het geluk gejaag in klatergoud maar geleer dat ook dit help niks as jy nie die liefde het nie. Al die goeters in hiedie wereld kan nie die honger stil nie.
Hierdie is die ware verhaal van Magdelena wat ook deur die lewe is soos ek en jy. Vind jou lewe in jou gedagtes waar jy luister na elke verhaal wat voor jou ontvou.
Een van die gedigte wat haar vasgryp is die een wat se naam is JY – dit vertel die verhaal van n man wat droom or sy geliefde. Ander gedigte vertel van blydskap en ander weer van seer. Trane mag jy stort want dit kan nie sonder die gedigte gaan. Dit is trane van hartseer oor dit wat verby is maar ook trane van blydskap oor dit wat is.

Wat jy ookal doen – jou hart verhard of versag – weet dat dit waar is elke woord. 

Lentetyd van die liefde

Lentetyd van die liefde
dit is lentetyd
van die liefde wat aanbreek
net soos die seisoene van die
natuur dit bewerk
dit is tyd om voor te begin
tyd vir handjies hou
daardie skaam glimlag
die uitsien van weersien
die malse groenigheid
in die natuur 
is weerspielend
van my nuwe gevoel
vir jou my
lenteliefde
die swart van die
winter is verby
blomknoppe breek oop
n heerlike geur versprei
naief glo ek jou
as jy se ek is
lief vir jou
wil dit glo al is dit
maar n fabel
want ek was mos al daardeur
het ek die smart
van eensaamheid
beleef
kom ek glo
al is dit kortstondig
want dit is lenteliefde
wat tog net n droom is
maar ek kan die genot
van die liefdesnektar
vir oulaas indrink

saam met jou
my lenteliefde

Koestertyd

Koestertyd

Koestertyd gaan tog so gou verby
waarom is dit so?
wat is koestertyd?
dit is die tyd
saam met jou
die tyd wat ek na jou
staar wanneer jy slaap
die tyd wat net
myne en joune is
waar ander nie welkom 
is nie
Dit is die tyd van memories
maak
memories net van my en jou
op plekke wat net ek en jy
van ken
koestertyd is maat wees tyd
tyd wat ons skep vir mekaar
wanneer koestertyd gaan
begin die liefde ook taan
maak tyd vir koestertyd
want anders gaan jy
skielik vind
dat alles is verby
jy gaan wonder wat
het gebeur
dan is iemand anders
koestermaat.
koestertyd is kosbaar
want dit kan so skaars word
want ek dink mos
dat liefde kan klaarkom
en bly bestaan sonder 
koestertyd.
Koestertyd is die nektar
van die liefde
dit versterk en bou die
liefde en word die boustene
waar ek en jy
deur saamwees
die toekoms kan bou.
Sorg mooi vir
koestertyd
en liefde sal uitwerk
weet ek nou


karootyd

Karootyd
My dorpie het
 ek gevind
Die reen stort neer
In die nag

Ek  wonder oor hael
Maar met tevree glimlag
Draai ek om
want ek slaap in my karoodorpie

my kunstenaarsiel
vind
vertroeteling
in flenterplekkies wat my bekoor

uile en meerminne
hasies en nog wat
waterwiel wat vasgeroes is
wat meel nooit weer sal maal

brouery met volunteers
van verre lande
wat golden blond
ronddra
asof in duitsland

vet skaap wat opkyk oor die draad
word skilderprent in my kop
dit is my skilderdorpie
in die karoo

windpomp draai
maar water word nie gepomp
die vrees van fracking
hang swaar oor my skilderdorpie
wat die lewe gaan verwoes
in my gevonde uile dorpie

kan dit wees dat ek
weer kind kan wees
hier op my stilstaantyd
plek

hier waar bhoedis
gefaal het en ander pad gesoek het
plek van koue stort
en slierte van oggendmis
dwarrel oor my ruine gedagtes
waar die windpomp nog staan

alles probeer ek vasgryp
maar ek kan nie
ek stoor
dit in my gedagte
sodat ek dit weer kan
herkou elke uur
van my bestaan

as ek ver is van my droomplekkie
my karoodorpie
my skilder dorpie
my verposingsplekkie
waar ek wil wees
as my journey of life

uitspeel op n dag

jou grootste ondersteuner

Jou grootste Ondersteuner

Jy weet dit dalk
of dalk weet jy dit nie
ek is jou grootste
ondersteuner
my ondersteunertrui
is onsigbaar
want dit word
genoem die liefde
waarom is dit so?
want ek hou van 
wat jy doen vir my
jy is die speler van die
jaar
Jy speel die spel van die
lewe voluit
soos net jy kan
soms verloor jy
soms wen jy
maar dit maak nie saak 
vir my 
jou grootste ondersteuner nie
as die spel verby is
kan jy op my reken
dat ek daar sal wees
as jy wil
om vir jou te kan se
jy is die beste
speler vir my
vir nou en ook wat kom


Grondpadryer

Grondpadryer

die pad le ver na die dorpie
deur almal genoem Liefde
die plek wat ons almal
 smag om te kan bly

op pad na liefde is daar
 baie paaie
grondpaaie, teerpaaie
soutpaaie, slaggat paaie

die een wat ek gevat het was
‘n kortpad het ek gedink
ek sal gouer by Liefde uitkom
was my gedagte

eers was die pad goed geskraap
soos ‘n droom  het ek gery
maar later het die hobbles gekom
later het die klippe verskyn
later het dit ‘n tweespoor geword

my wiele het pap geword
die klippe het die bande gesny
en die pad na liefde het ek byster geraak

moes ek vasbyt of moet ek omdraai
weer n keer het ek prober
maar tevergeefs
die pad is te sleg

op my pad terug het ek n nuwe pad gevind
binnekort is dit teer
al is dit vol slagagte
ek rittel en beef nie meer
want ek is weg van
 die grondpad wat my so verniel het


nou is ek stukkend maar ek het moed
want ek het besin oor wat ek moet doen
ry op die teerpad al  het dit gate
want dit kan ek sien

nou is ek nie meer n grondpadryer nie




Skille van my oe

Skille van my oe
na Emmaus is ek op pad
saam met my skielik n vreemde man
is jy n vreemdeling in Jerusalem?
vra ek hom
weet jy nie wat het gebeur nie?
wil ek weet van die vreemde man

toe paulus nog saulus was het hy gehad
skille op sy oe
toe dit afval het hy neergeval
en gedank dat die skille van sy oe af is vir altyd

die boodskap van die preek
kom le in my binneste
dit se van my verwagting
ek soek n beskermingsengel en nie vir God
dit is skille van oe dat ek dit kan besef

maak reg jou verhouding met God
 is die tweede boodskap wat in my vasslaan
weer val die skille van my oe
op pad na Jerusalem

as  emmausganger dank ek die Here
dat ek nou skielik helder kan sien
die vreemde man was Jesus

saam met my

Een maal liefde

Eenmaal liefde
Weet jy wat is eenmaal liefde?
Het jy dit al ondervind?
Ken jy die gevoel wat eenmaal liefde is?

Eenmaal het ek dit ondervind
Eenmaal het ek aan die beker gedrink
Al was dit net vir n korte stonde
Vir  my alleen beskore

Vir jou kan ek vertel
Van daardie liefde
Die liefde waar ek soos n hond
Op my baas se graf le tot die dood

Daardie liefde soos van Romeo en Juliet
Wat geeindig het in tragedie
Die liefdesverhaal van die eeu
Tussen jou en my

Daar sal weer ander liefdes wees
Maar nooit ooit een soos die
Liefde wat gegee was
Soos wat liefde bedoel was

Hoop jy vertstaan nou
n bietjie meer van eenmaal liefde
Soos vir jou


een aand

Een aand

Een aand lank gelee
By eetplek ver van hier
By kerslig flonkerend
Het dit gebeur

Jy was oorkant my
Jou gesig sag en weerloos
En jy tog so mooi vir my
Stip starend na my

My hart kloppend in my keel
Kon ek net staar
Na hierdie wonderwork
Oorkant my

Alles  vervaag rondom my
Waiters verdwyn
Musiek klanke word n melodie
die kerswas vorm patrone
en my hande begin sweet

ek trek jou hand nader
vou dit toe in my ruwe hand
n gevoel wat ek nie kan beskryf
wel in my op

fluisterend buig ek vooroor
sodat jy naby aan my kom
en ek se vir jou

ek is lief vir jou

jou gesig verander
jy is gelukkig besef ek meeteens
jy voel ook so
verstaan ek skielik

die knop in my keel
moet ek wegsluk
want dit is nou daar
dat my liefde vir jou is geopenbaar

dit kan nie meer weggaan
dit is vir altyd en nog n bietjie daar