Sunday, August 30, 2015

Versieboer se laaste gedig

Versieboer se laaste gedig

Die donker slae van
 push me to the floor
slaan in golwe
oor my
waar ek in. dieptes
van smart le

Stadig tel die heilige
gees my op
en begin om my
heel te maak

ek word stukkie
vir stukkie heel
my lewe
gàan voort
soms baie met 
God
soms minder met
God

my sus gaan dood
en my moeder
treur soos ek
onbedaarlik bly die
smart

Vreugde het ook gekom
my seun het bedaar
my dogter het getrou
en n kind gebáar
al het die 
gehyg na lug

nou is dit weg
die Heer het my weer gered.
en vandag is hy my hart se punt

liefde het ek gejaag
in die verre kaap
het ek gesoek
sonder ophou
vakansie na vakansie
maar dit het nie gewerk nie
in my nabyheid. het
versieboer sy liefde
verklaar

dit is nie wat ek wou he nie
en ek het avontuur
gesoek en n ryk man
gekry
met bikes en karre
ons het lekker getravel
en memories gemaak
wat ons bymekaar hou
ek kan hom nie drop nie
verskonings sal ek bly vind
om hom te behou
want hy is my backup
vreugde het weereens my
deel geword

met my projek 
wat sukses op sukses
lewer
die Heer sorg nog
vir my dag na dag

net die liefde
is ontwykend vir my
sal dit bly jaag
omdat ek n wilde loot is
want dalk sal ek dit kry.
na lange jare is ek
klaar met alles wat ek
elke dag ken

my nuwe lewe gaan begin
nou kan ek my uitleef
saam met God

Versieboer het nou getrek
na twyfelfontein
om sy laaste gedig te
skryf oor die liefde
wat hy verloor het.


Die daeraad wink
nou vir my
met belofte van sukses
weereens
was die Here getrou

3 comments:

  1. Dis ongelooflik mooi! Intens! Praat hard met my binneste!

    ReplyDelete
  2. Amen! Die Here is "GREAT"! Hy is en bly my "HERO"!! Dis alles baie mooi Diederick! Dis baie fyn en baie diep!!

    ReplyDelete
  3. Baie dankie vir die terugvoer....waardeer...

    ReplyDelete