Sunday, August 30, 2015

Afskeid

Die afskeid

Sterk afrikastemme
met dans
is die inleiding
tot die afskeid na twintig jaar

Sy staan en luister
na die stemme
van medewerkers
wat sing oor die
yourney van werk
saam met haar.

Dit is SSB se afskeid
aan haar wat saam met haar
gewerk het
met swaarkry en lekkerkry
van elke jaar

Die dans is tog te leķker
en haar naam weerklank deur
die bosveld se stilte.
n dans is die getuienis
van dit wat was 
en ook wat kom

Die MD se n paar woorde
hy praat van familie
dit is nie n goebaai 
maar n tyd van rus
hy praat van die yourney.
n kudu is die simbool
van herinnering
van die tyd op die
plaas

sy weet nou van waardering
vir dit wat gedoen was
die geskenke word oopgemaak 
met almal se name op
sitplek met hout wat gemaak
is
 wat vir onthou bedoel is

Al die oudstes kom na 
vore vir n spesiale dankie
n traan word gepik tydens
die laaste woorde
van die leier van
vele jare

Aan die einde is daar n gebed
in Afrikataal gedoen
wat vertel van verheerliking
van die lewende Heer.
net die laaste aksie is oor
saam eet vir oulaas

en die Afskeid
is klaar.


No comments:

Post a Comment