Sunday, August 30, 2015

My versorger
wanneer sy met
plastiekhandskoen my
seer versorg
wonder ek wie
sal haar seer versorg
die dag wat sy dit nodig het
van om elke versorging 
n sukses te maak
n aanmoedigende
woord is haar manier
haar passie is haar werk
sy het bedside manners 
wat baie mense by haar
kan kom leer
deur net te luister en te kyk
op die mens wat sy is
wat vertel van haar lewensloop
van om ander mense te help
het sy gebring spaarsamigheid
dat ekonomiese gebruik
van middele belangrik is
geen vermorsing word geduld
die stonde van versorging
is te kort
maar tog voel ek tuis
by haar
so tuis dat ek my hartsake met
haar sal kan deel
sou dit moet
is verby
dankbaarheid wel in my op
want my seer is versorg
en ek voel beter
is die wonder
oor wie sal haar seer versorg
wie sal die moeite doen
wat sy vir my gedoen het
onbeantwoord bly
wie sal haar menswees
seer versorg
beminde is


Vlytig is haar vingers
As ek haar aanskou

Gefokus is sy op haar werk

Sy is vriendelik maar professioneel

Wie is sy?
die vraag is om n antwoord te kry

Uit die staatshospitaal 


Min weet ek van haar

My minuut van verpleging

Al wat nou oorbly in my

Die ander vraag sal 
hopelik is dit jy wat haar


No comments:

Post a Comment