Sunday, August 30, 2015

Aavaarding

Aanvaarding

aanvaarding is deel
van verandering
die moeilikheid is
dat mens so lank 
vat om daar uit
te kom
vraag bly
wat is dit?

vraag bly
hoe doen ek dit?

op n selfoon
whats up boodskap
lees ek
verander wat jy kan
en los dit wat jy nie
kan verander nie

nou bots my binneste
daarmee
hoekom moet ek dit
nou doen

want ek is n drywer
ek is dan n change agent
die lewe leer jou oor tyd
dat die selfoon gesegde
dalk n waarheid
beet het

skielik is my insig
anders
nou het ek n strategie
goed of sleg

hoe doen ek dit
is die volgende vraag

die proses dwing my
hard
eers ontken ek dat dit gebeur
dan blameer ek almal 
dan kyk ek wat score ek
dan begin ek stukkies
aanvaar
Dan is ek daar
aanvaar dat alles
verander het

die teorie leer my dit
maar van die seer
se hul niks
dit moet ek self
beleef

verandering is wat
ek elke dag beleef
liefde is die een
verandering
wat ek positief wil
beleef

koestertyd kan my help
om my wintertyd van die
liefde
tee te werk

daar weet jy ook my storie
van verandering
wat ek beleef


No comments:

Post a Comment