Sunday, August 30, 2015

Die projek

Die Projek

Die een wat aan feetjies glo
wat onder die mushrooms
wegkruip in die
slierte van die mis

en versieboer wat alles
moet bekyk wat gebeur
en dit rekordeer
het op baie reise gegaan

Reise na die verre karoo
saam met die kraai na
mosselbaai
na sandsteenberge
waar khoi. san skilder
nou nog leef in klip
na viswater plek waar
forelle heers in bitre kou
uile moes hul kyk
blonde bier moes hul drink

toe hierdie troebadoers
in die straat af ry val die skille
van hul oe soos Saulus van ouds
en sy sug dit is my droom
dank die Here vir die skille van my oe

Die konferensie kom in
versieboer hoor en dit
verander n droom alleen
na werklikheid
papirus velle word voltooi
hierogliewe word uitgekap
telrame word gemanipileer
nog n warrior kom by
glo aan die cause

tot versieboer se onsteltenis
nog n wildeloot
telge word ook ingetrek
en hulle word die
toekoms van die projek

sukses het n duisend pa's
hoor mens altyd
die keer werk dit anders
want versieboer se nou duidelik
hoe het dit gebeur

die projek le voor
so duidelik soos daglig
en dit word bestuur
deur onsigbaar Gees
om uiteindelik die lint te
laat knip
deur jy weet wie

elke dag dwarrel my gedagtikies
na die projek
na die projek
en ek kan weer droom
en droom


No comments:

Post a Comment