Sunday, June 8, 2014

'n Oomblik in tyd

‘n oomblik in tyd
‘n oomblik in tyd
het ‘n vonk gespring
‘n vonk van duisend volts
‘n vonk wat generasie oorbrug
‘n vonk wat nie vernietig
maar konneksie maak

ek is positief
elke dag is my plesier
my lewe is diensbaar
is my begeer

die smart beker van verlede
is gedrink en verby
die toekoms is wat wink
die uitbreek uit sleurbestaan

moenie ongeskik is my wekroep
aan oue buffel
my tong wil ek afbyt want dit is nie ek
my kop is weer reg

wat is die liefde kry ek die antwoord
ek wil by jou wees
skreeu ek uit aan my hoorder


die magic het gebeur!

No comments:

Post a Comment