Wednesday, June 18, 2014

Operasie

Operasie
in die hospitaalbed le ek
tussen witgestyfde lakens
maak jou reg vir operasie is die dokter bevel

die angs le vlak in my
ek dink net aan al my sonde
wat gebeur as dit nie reg loop nie
vra ek my

is my saak goed genoeg
waarom is ek kleingelowig
is dit oor al my dinge, bekommer ek my nou

ligte flits in gange waar ek le Op trollie
dit is soos straatligte op vakansie as ‘n kind
toe my pa vroeg gery het

skielik is ek weg en word ek wakker
 ek lewe nog is dit my gedagte
waarom was ek bang
waarom het ek angs gehad
waarom het ek nie geglo

want jy is mensekind
ongelowig


No comments:

Post a Comment