Sunday, June 8, 2014

My bosveldnooi

klik klak tokkel
 die blinkleer skoen hulle
deuntjie uit

snyerspakkie bekoor
op die paaie van die stad

hare getof
naels en tone gepamperlang
met eentonige reelmaat
van elke week se kuur

blinke liggies lok
partytjie gehonk is
die musiek vir die siel

hierdie wese
kom na my en die
geur van bekoring oorweldig my

te laat hoor ek
dat die geproes van wilde bees
eintlik die passie is

dat die reuk van
omgedolwe grond deur vlakvark
haar sinne  is

dat bosveldvuurtjie
se staar
die vlamme vir die siel is

sy glip uit my hande want ek het nie raakgesien dat sy
eintlik
n bosveldnooi is vir my



No comments:

Post a Comment