Sunday, June 15, 2014

Ode aan 'n kunstenaar

Ode aan ‘n kunstenaar
vlytig klap die vingers op die sleutelbord
op die wit blad is die uitleg al daar
‘n prentjie om te lok
‘n prentjie om te trek

‘n perspektief van malse kleure en woorde
wat trek en lok
om te lees en te vind
wat die advertensie se

‘n kunsvorm op sy eie - wat met enkele blik
die verstaan laat gebeur
die foto is van belang
wat die storie laat vertel
die woorde is net daar om my te prikkel

die kunstenaar weet nie eers
van die kuns wat sy pleeg
die een is klaar
“whats next” soos die tv prent
bly die vraag

weet jy doen -  kuns se ek vir jou
maar jy verstaan nie en sug na iets anders
ai ai ai verstaan tog vir my

dit is kuns wat ander nie kan doen 

No comments:

Post a Comment