Nooit het jy geweet nie
dat liefde so kan wees nie
niks het jou voorberei
dat liefde allesomvattend kan wees
n sorgsaam huis vir my gemoed
gedroom as kleine dogter
van die liefde
en anders gevind
tot nou toe
dat liefde jou kan stel bo my
dat liefde my maak
dat ek jou wil bemin
elke dag van die lewe
sjokolade op jou kussing wat se
ek gee baie om
ek is baie lief vir jou
goeters het ek nie
maar my liefde is die godgegewe gawe
wat ek uitstort op jou
my droom wat ek jou bied
nooit het jy geweet
dat jy my alles is
my vonkel van my bestaan
No comments:
Post a Comment