Opuim
hier aan die
voetheuwels van die waterberg
is ek vasgevang in
opium
marais se rondstapplek
waar hy verslaaf geraak
het aan dwelms
verstaan ek nou
dit is ook my lot
‘n lot wat my knel
My gebeente uitmergel
Maar ook my siel
die wit stof wat my
verteer
wat my vasvang in leed
en ekstase
maar nooit meer in
gelyke pad
breek my los is my
kreet
want die wind wat in my
waai is net koud
maar nooit meer warm
veral nie nou
voor my arresteer vir
daad gepleeg
weet dat my opium jy is
jy wat my voer na elke
hoogte en laagtepunt
van my bestaan
No comments:
Post a Comment