Sunday, June 15, 2014

Vadersdag 2014

Vadersdag 2014
ek gaan kerk toe want ek wil hoor
my siel kort voedsel want ek is alleen
dit is eie maaksel soos lank gelee
my skuld - niemand te blameer

die deuntjie tokkel uit
boodskap vir jou – jy het ‘n byt
ou kys het my onthou en se
“gelukkige vadersdag hoop jy word bederf”
se maar dankie want sy weet nie
dat daar niemand is in sig

die deuntjie tokkel uit
boodskap vir jou – jy het ‘n byt
dis my een seun
gelukkige vadersdag – ‘n duisend rand vir jou
se maar dankie want hy weet nie
ek is alleen – die geld is welkom maar is so koud

die pot word geroer – die koffie is warm
die seun se kuif staan penorent
nou is ek tussen mense vir korte rukkie

vind enkel en kort stonde sielsgenoot wat my lewe
verfraai en ophelder

op Vadersdag 2014 

No comments:

Post a Comment