Oe
groot oe
huil oe
seer oe
hartseer oe
mooi oe
bruin oe
groen oe
blou oe
my oe
jou oe
die digter se
jou oe is die vensters van jou siel
as die vensters maar soms net skoon was
om deur dit te sien.
dan kon ek sien
of jy regtig lief is vir my
Intussen kyk ek diep in jou oe
so diep dat jy soms vra
Wat is dit?
my antwoord is maklik
jy is my liefste oe
vir jou wag ek vir altyd
want jou oe bekoor my
tot in die dieptes van my wese
No comments:
Post a Comment