‘n gedagte
Met my ontwaking
dwarrel my gedagte onmiddelik na jou
waar is jy nou?
ek sien jou so duidelik soos gister
maar ek weet nie van vandag
my wimpers open my oe
en ek beleef weer gister
toe die skille van my siel verdwyn
het
met aanskou van jou
jou lyf sak neer langs my
en ek word bewus van jou
so naby aan my
ek verstil en my asem is skielik op
jou stap bekoor my
en ek strompel saam
onvas op my voete by jou
jy word in my geheue geprent
‘n korte oomblik het vir my geword
‘n avontuur
Die vraag is
hoe kan ek leef sonder jou?
No comments:
Post a Comment