Saturday, June 21, 2014

Passievrou

Passievrou
ken ‘n passievrou wat droom van verre lande
ken ‘n passievrou wat droom van aande
van passie wat ontvou langs braaivleisvure

ek ken n passievrou wat klammend
tergend saamspeel in  passie
wat lippe  sluitend toepas in die spel

suigend is die spel wat my passievrou verstaan
wat my laat staan  en in my saamwees
my voorspel

ek en ‘n passievrou wat droom van
kabbelende stroompies in die bos
waar haar beminde haar kan vat
na hoogtes van ekstsase ongekend
in haar bestaan

borste wat vol ywer regop staan
net vir my genot

ken ‘n passievrou wat se wese sy vir my ontvou
sodat ek brullend haar kan kry

dan is daar die stlite
wat sy arms om ons vou
die passie is uitgebrand maar

nog steeds ken ek haar as ‘n passievrou

Wednesday, June 18, 2014

Nooit het jy geweet

Nooit het jy geweet nie

dat liefde so kan wees nie
niks het jou voorberei
dat liefde allesomvattend kan wees
n sorgsaam huis vir my gemoed

gedroom as kleine dogter
van die liefde
en anders gevind
tot nou toe

dat liefde jou kan stel bo my
dat liefde my maak
dat ek jou wil bemin
elke dag van die lewe

sjokolade op jou kussing wat se
ek gee baie om
ek is baie lief vir jou

goeters het ek nie
maar my liefde is die godgegewe gawe
wat ek uitstort op jou
my droom wat ek jou bied

nooit het jy geweet
dat jy my alles is

my vonkel van my bestaan

Operasie

Operasie
in die hospitaalbed le ek
tussen witgestyfde lakens
maak jou reg vir operasie is die dokter bevel

die angs le vlak in my
ek dink net aan al my sonde
wat gebeur as dit nie reg loop nie
vra ek my

is my saak goed genoeg
waarom is ek kleingelowig
is dit oor al my dinge, bekommer ek my nou

ligte flits in gange waar ek le Op trollie
dit is soos straatligte op vakansie as ‘n kind
toe my pa vroeg gery het

skielik is ek weg en word ek wakker
 ek lewe nog is dit my gedagte
waarom was ek bang
waarom het ek angs gehad
waarom het ek nie geglo

want jy is mensekind
ongelowig


Oge

Oe
groot oe
huil oe
 seer oe
hartseer oe
mooi oe
bruin oe
groen oe
blou oe
my oe
jou oe

die digter se
jou oe is die vensters van jou siel
as die vensters maar soms net skoon was
om deur dit te sien.
dan kon ek sien
of jy regtig lief is vir my

Intussen kyk ek diep in jou oe
so diep  dat jy soms vra
Wat is dit?

my antwoord is maklik
jy is my liefste oe
vir jou wag ek vir altyd
want jou oe bekoor my

tot in die dieptes van my wese

Sunday, June 15, 2014

Ode aan 'n kunstenaar

Ode aan ‘n kunstenaar
vlytig klap die vingers op die sleutelbord
op die wit blad is die uitleg al daar
‘n prentjie om te lok
‘n prentjie om te trek

‘n perspektief van malse kleure en woorde
wat trek en lok
om te lees en te vind
wat die advertensie se

‘n kunsvorm op sy eie - wat met enkele blik
die verstaan laat gebeur
die foto is van belang
wat die storie laat vertel
die woorde is net daar om my te prikkel

die kunstenaar weet nie eers
van die kuns wat sy pleeg
die een is klaar
“whats next” soos die tv prent
bly die vraag

weet jy doen -  kuns se ek vir jou
maar jy verstaan nie en sug na iets anders
ai ai ai verstaan tog vir my

dit is kuns wat ander nie kan doen 

Vadersdag 2014

Vadersdag 2014
ek gaan kerk toe want ek wil hoor
my siel kort voedsel want ek is alleen
dit is eie maaksel soos lank gelee
my skuld - niemand te blameer

die deuntjie tokkel uit
boodskap vir jou – jy het ‘n byt
ou kys het my onthou en se
“gelukkige vadersdag hoop jy word bederf”
se maar dankie want sy weet nie
dat daar niemand is in sig

die deuntjie tokkel uit
boodskap vir jou – jy het ‘n byt
dis my een seun
gelukkige vadersdag – ‘n duisend rand vir jou
se maar dankie want hy weet nie
ek is alleen – die geld is welkom maar is so koud

die pot word geroer – die koffie is warm
die seun se kuif staan penorent
nou is ek tussen mense vir korte rukkie

vind enkel en kort stonde sielsgenoot wat my lewe
verfraai en ophelder

op Vadersdag 2014 

Opuim

Opuim
hier aan die voetheuwels van die waterberg
is ek vasgevang in opium
marais se rondstapplek
waar hy verslaaf geraak het aan dwelms
 verstaan ek nou

dit is ook my lot  
‘n lot wat my knel
My gebeente uitmergel
Maar ook my siel

die wit stof wat my verteer
wat my vasvang in leed en ekstase
maar nooit meer in
gelyke pad

breek my los is my kreet
want die wind wat in my waai is net koud
maar nooit meer warm veral nie nou

voor my arresteer vir daad gepleeg
weet dat my opium jy is
jy wat my voer na elke hoogte en laagtepunt

van my bestaan 

Coletti

Colleti
die son taan elke dag met skakerings
van lig
‘n kaleidoskoop van lig en kleur
jy tooi jou hare ook so
vol skakerings vir elke dag se leef

een skakering opgepof
een skakering vlegsel vir
naggewaad
een gebolla soos juffrou van strenge uur
een van loshang ongebonde
soos tienerdogter
jou mooie hare is jou bekoring
wat my laat droom

jou praat is jou bekoring
dwarrelend van optimisme
een van drome droom
een van kwiksilwer lag
een van
ek wens ek kon

jou vrouwees is jou bekoring
een wat maklik huil en traan
oor die mooie dinge in die lewe

my naam is colleti 

Sunday, June 8, 2014

'n Gedagte

‘n gedagte
Met my ontwaking
dwarrel my gedagte onmiddelik na jou
waar is jy nou?
ek sien jou so duidelik soos gister
maar ek weet nie van vandag

my wimpers open my oe
en ek beleef weer gister
toe die skille van my siel verdwyn het
met aanskou van jou

jou lyf sak neer langs my
en ek word bewus van jou
so naby aan my
ek verstil en my asem is skielik  op

jou stap bekoor my
en ek strompel saam
onvas op my voete by jou
jy word in my geheue geprent

‘n korte oomblik het vir my geword
‘n avontuur
Die vraag is
 hoe kan ek leef sonder jou?


'n Oomblik in tyd

‘n oomblik in tyd
‘n oomblik in tyd
het ‘n vonk gespring
‘n vonk van duisend volts
‘n vonk wat generasie oorbrug
‘n vonk wat nie vernietig
maar konneksie maak

ek is positief
elke dag is my plesier
my lewe is diensbaar
is my begeer

die smart beker van verlede
is gedrink en verby
die toekoms is wat wink
die uitbreek uit sleurbestaan

moenie ongeskik is my wekroep
aan oue buffel
my tong wil ek afbyt want dit is nie ek
my kop is weer reg

wat is die liefde kry ek die antwoord
ek wil by jou wees
skreeu ek uit aan my hoorder


die magic het gebeur!
My bosveldnooi

klik klak tokkel
 die blinkleer skoen hulle
deuntjie uit

snyerspakkie bekoor
op die paaie van die stad

hare getof
naels en tone gepamperlang
met eentonige reelmaat
van elke week se kuur

blinke liggies lok
partytjie gehonk is
die musiek vir die siel

hierdie wese
kom na my en die
geur van bekoring oorweldig my

te laat hoor ek
dat die geproes van wilde bees
eintlik die passie is

dat die reuk van
omgedolwe grond deur vlakvark
haar sinne  is

dat bosveldvuurtjie
se staar
die vlamme vir die siel is

sy glip uit my hande want ek het nie raakgesien dat sy
eintlik
n bosveldnooi is vir my



Tuesday, June 3, 2014

Bekkie

Bekkie
praatbekkie
wynbekkie
soenbekkie
sigaretbekkie
koffiebekkie
liefdesbekkie

jy is dit alles vir my
ek waardeer jou
as jy dalk nie weet
jou bekkie is my
bekoring

grimeerbekkie
lagbekkie
stuitigbekkie
grapbekkie
huilbekkie
tjankbekkie
jy is alles in een met jou
gladdebekkie vir my
jy breek my dag oop met
bekkie
sonder jou bekkie wil ek nie wees
want dan sal dit te stil wees
en waar sal ek nog so een bekkie kry
wat my bekoor

vir altyd oor en oor