Saturday, November 2, 2013

TWEE KOMMA VIER

Twee komma vier

Staaldak webbing en geweer
Bulder die korporaal
Aantree Antree in die pad
Army links se hy gou

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!

Hoogvoor troep -  Hoogvoor troep
Vat die pas vat die pas
Is die bevel
Met staaldak webbing en geweer
Nou is dit twee komma vier

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!

Boots is vas klip is in die webbing
Looi hom troep Looi hom troep
Op die wegtrekstreep is
Dit tyd om te gaan

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!

 kuite bultend
Is dit nou twee komma vier
Staaldak webbing en geweer
Asem blasend water vloeiend
Is dit twee komma vier

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!


Jy is amper daar my makker
Looi die bus looi die bus
Is die kreet van hulle wat daar is

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!


No comments:

Post a Comment