JA PA STORIES
Die hoenderhok
Die vertelling speel hom af in die sestigerjare. Die gesin
bly in die middel klas woonbuurt.
Ouerige huis op ‘n groot burgererf met hope speelplek en ‘n hoenderhok in die
agterkant en nog ‘n woonstel agter waar ‘n oujongnooi woon vir ‘n ekstra
inkomstjie vir die huishouding.
Dit is aand en die sone het
gesak en pa staan in die kombuis en sluk so proe proe sy koffie.
Sy seun Dirk kom ingestorm
in die kombuis kaalvoet en sy hemp hang uit.
“Naand Pa ” “naand
Dirk” se pa.
Skielik onthou dirk – die
heonderhok is nog nie toegemaak nie. Hy hoop pa gaan nie vra nie.
“Dirk is die hoenderhok toe?
Kom die vraag.
“Nee pa ek het vergeet”
“Nou hoe dan nou – het jy
die pak vergeet wat jy laasweek gekry het daaroor?”
“Wil jy weer gefoeter word
daaroor” “Ja pa ek bedoel nee pa”
Bars die woorde uit.
Ek is maar bang want die
hokke is agter in die erf en dit is donker. My fits se lig is pap want ek het
hom aangelos in die kamer toe ek met hom gespeel het.
Ek hoop maar net pa vra nie
“Gaan haal jou flits” “Ja
pa” hoe kan hy my gedagtes lees wonder ek.
Ek hoop nie die hoenders is
in die boom nie dink ek want dan moet ek al dertig vang en een vir een in die
hok indra. Die flits is pap en ek kan
nie vir pa se flits vra nie.
Net toe ek terugkom met die
flits in my hand vra pa “Laat ek sien of die battery nog sterk is.”
Onskuldig staan ek daar en
stel vreeslik belang of die flits werk
“Gaan haal my flits” Hierdie
een se baterye is pap.” “Ja pa” en ek hol daar uit.
Gelukkig is die flits
werkend en die hoenders sit nie in die
boom nie en ek kan
net die slot opsit
Fluit fluit my storie is uit
No comments:
Post a Comment