Saturday, November 2, 2013

Robert Reinecke

Robert Reinecke

Held van gisterjaar
Held van vryheidsoorlog
Van stryd tussen boer en brit
Van engels naam en boerebloed

Kartetse bars teen kliprant in die afrikaveld
Rotse spat - perde runnik
Van geweld tussen boer en brit
is
 die stille getuienis van die wind
wat soms snerpend koud is
soms dwarrelwind

stil hang jou portret teen die muur
jou mooie snor jou soldatetrots
jou uniform
van staatsartillrie mooi versier
helder oe wat ‘n bars kan kyk
is my metgesel in my stille kamer

op jou graf in heldeakker
sit ek en my seun ‘n blom neer
‘n kort minuut in my lewenstyd
om jou oppofferring te gedenk
wat gedoen is om die nasie te bou
sonder om kind te baar

jou moeder van engeland het jou ge-eer
deur vir jou ‘n grafsteen te bou
wat kortliks van jou se
van jou onstaan tot jou dood

was jy ook bang ?
het jy ook aan  God gedink
op jou sterwensuur?
hoe min weet ek van jou my held
jy wat kortgeknip is in geweld
van stryd tussen boer en brit

al wat oor is is jou graf en jou portret
en die vryheidsdrang van my volk
latent in my gedagte

Held van gisterjaar
Held van vryheidsoorlog
Van stryd tussen boer en brit
Van engels naam en boerebloed


Robert Reinecke

No comments:

Post a Comment