Saturday, November 2, 2013

Ja Pa

JA PA STORIES

Die gras sny

Die vertelling  speel hom af in die sestigerjare. Die gesin bly in die middel klas  woonbuurt. Ouerige huis op ‘n groot burgererf met hope speelplek en ‘n hoenderhok in die agterkant en nog ‘n woonstel agter waar ‘n oujongnooi woon vir ‘n ekstra inkomstjie vir die huishouding.

Dit is aand en die son het gesak en pa staan in die kombuis en sluk so proe proe sy koffie.

Sy seun Dirk kom ingestorm in die kombuis kaalvoet en sy hemp hang  uit.

Naand Pa” “naand Dirk” se pa.

Skielik onthou Dirk – moes ek nie die gras gesny het nie? O magtig ek het vergeet. Nou het ek groot probleme – hoe gaan ek uit die eenkom?

My gedagtes dwaal na die sink kano wat op sesmyl spruit se bodem le lekker vasgemaak met ‘n sterk tou sodat ons hom weer kan kry by die wilgerboom.

Dis darem te swaar om met die fiets te karwei.

“Het jy vandag toe die gras gesny?” vra pa.

Nou sal ek vinnig moet dink want ek het mos nou aan die kano gedink in plaas van die grassny .

My toon boor so in die linoleum in soos ek dink – my hand vryf oor my kortgeskeerde hare – meteens weet ek

“Pa ek het kwaai gesukkel met die mengsel van die masjien – die tweeslag werk nie lekker nie”

“Ai mannetjie jy moet beter oplet as ek jou die ding wys” berispe pa en ek se dadelik Ja Pa sodat hy weet dat ek oplet as hy met my praat.

Nou ja more is saterdag en ek sal jou weer wys hoe om die grassnyer aan die gang te kry en dan kan jy die gras sny sodat dit netejies lyk”

Ja Pa ek dink dit is goed “ se ek gou gou sodat Pa kan sien date k wil werk in die tiun –al wil ek eerder gaan roei met my sinkkanoe in sesmylspruit. Dit is nogal Vaatjie – as hy inklim dan sak die skuit veral as hy agter sit.

Fluit fluit my storie is uit


No comments:

Post a Comment