Bosvrou
Ek ken ‘n bosvrou iut
oerverlede van my
n bosvrou wat geloop het
in die kransberg van ouds
waar Marais gepraat het van
burgers van die berge
en die siel van die
mier ontleed het
sy het met 3006 geloop
en
sy kon hom skiet
in die veld was sy koning
in die aand om die vuur
kon sy sing dat jou siel drup
oor muphunyane
my bosvrou van nou
ken ek van die stad
waar in toring gebou sy
die natuur help beskerm
wat tuis is in die veld
sy is tuis in die lodge
waar hand masseer word
soos ‘n prinses
dit is maar deel van roetine
deur die nag word die lewe duidelik
van die bosvrou
en die siel is oop vertellend van die
waardes wat dryf
om die natuur te bewaar
wat die kalagadi help bewaar
waar sekretarisvoel heers
waar rooisand almal bekoor
die avontuur van die lewe
is deel van die geskiedenis van
die
bosvrou van nou
die werk in die natuurpark
op verafgelee plek
sy het ‘n traan in haar oog
oor die klein renoster wat verward
hardloop
oor die klap klap van stroper se chopper
No comments:
Post a Comment