Krummels van tyd
vyf minute in die oggend
vyf minute in die middag
perhaps maybe
‘n
bietjie hier en daar
die liefde
geprewel in die kerslig van restuarant
Is ‘n klug
dit kan
nie hou nie
want tyd het dit gesteel
die erosie van tyd
saamwees omdat ek wil
is die sondaar dink ek
maar ek weet nie
die wegdryf van God
het ook met dit te doen
die tyd van huisgodsdiens wat verval
het ook met dit te doen
die bande van saamwees
word vermoeid
nie belangrik genoeg
nie tyd gemaak vir die
stille saamwees nie
die klik klak van selfoon het
ook met dit te doen
die tyd wat dit steel is eens te erg
stille saamwees
en gedagtes deel
het dit gesteel
nog net die een boodskap
dan is my tyd weer joune
sy toet toet deuntjie is
al weer daar
televisie met die belofte
van entertainment
is ‘n wrede heerser
die heerser word jou god
en Jou God is vergeet
so liefde se oplossing le
in tyd dink ek
as dit waar is
maar ek weet nie
No comments:
Post a Comment