Hygend kind
Getremd kom hy
aan in die lewe
Rasper fluitend
Is hy gestremd
Klink dit vir my
Hoekom ek Here
Skreiend die vraag
Onbeantwoord bly dit
Verward is die oog en siel
Weet nie wat nou
Wat se die mediese wetenskap
Weet nie
Van mens na mens gehardloop
Dom is hulle - kan
nie se
Wat van God?
Almal toop en se
“ag shame wat is fout?”
Wegdraai van my kop
Gee nie om nie
Dit is my kind
Dit is my kind
Gekoester in my baarmoeder
Vir ‘n lange tyd
Is dit die rook wat ek gerook het
Is dit my straf steier die vraag uit my uit
My skuld?
Hoekom is hy so maer? vra goedbedoeld
Vir my
Ek weet nie – ek is nog te nuut in die game
Antwoord le by christen dokter
Gee hom peanut butter
En sowaar
Dit werk
Die tyd hardloop en oumensraad werk weer
Hy sal dit ontgroei is gese
Wag maar net geduldig
Mensverklaring kan
nie dit verklaar nie
Tyd heel baie dinge
Wat ons kitstyd nie kan doen
Gaan nou heen en kniel betyds
Oor die gestremdheid verdwyn
No comments:
Post a Comment