Matriarg
In die afrika bos is die
olifant moeder die matriarg
van die teeltrop is sy die koning
met oergeheue en volop legende
is sy die een wat die pad ken
na watergat gesprei oor die veld
net so is daar die mense moeder
oumagrootjie die matriarg
leier van die mensetrop
rug al krom getrek
maar wysheid le diep gewortel in die jare
matriarg het die pad geloop
van droogte na waters waar daar rus is
na poele van water en riete
vir kalftyd goed gekies
van paartyd weet sy en kan haar dogters
in die trop vertel sou sy kon praat
soos mense kind
maar sy moet op instink peil trek
van ou bul wat kom kies uit die trop
sodat sy tande erfenis sal kan voortdra
stoffies dartel onder die voetsool uit
ivoor is links geslyt net soos oerouma
van mensekind
hul oe het als gesien
nou is dit net nog die wagtyd vir die eindtyd
Afrika legende van olifant begraafplaas
is bekend ook by die mens
soms hunker hul na daardie tyd
soos wanneer jagters skoot die dogter vat
die kanker weer kom vat
die skoot klap vir bietjie ivoor
dan is dit swaarder as die pad
na die water in dorre streek
nou is dit nog tyd vir raad
vir wys waar die watergate wat
die soel water hou wat nie brakwater gee
sou die dogter wat matriarg moet word
maar net wou
luister na erfenis gedagte
van die afrikabos se matriarg
wees maar die
leier van die trop my kind
No comments:
Post a Comment