Eensaam siel
Jy wat met die kwas kan toor
Jy wat met die woord kan toor
Jy wat uit hout uit kerf
Jy is die skepper van die siel
se gesprek
Soms is dit daar vir gewin
Van geld pond tien
soms tot slegs die suiwer genot
van uiting gee aan wat my
siel se gedagte is.
eensaam siel is ek
want ek skep slegs wanneer
ek in die dieptes is
daardie een woord of prent
wat in my kop is
volmaak verwoord of geprent
gekerf ook uit afrika se hout
wanneer is ek by God?
Wanneer is ek nie meer eensaam siel?
Waneer ek kan
sing - die lied van om hom te eer
Saam met die engel skaar
Wat dien sonder om te huil
Om te kan
skep deur sang
Van God se genade vir eensaam siel
Dwalend in die nag
Wegbly van die rekenaar
Weier om te skep want ek is naar van vrees
Dat ek my siel sal ontbloot
om
voor mens vertrap te word
uitgelag te word
Maar ek weet
Daardie tyd sal verbygaan en ek sal kan sing
Van die verlossing van my diepe pyn
Wat my dwing om woorde te tik
Wat my verlore laat gaan
Wat my kwas wil laat stilstaan
wat my mes stomp maak vir die afrikahout
ek is eensaam siel tot daardie tyd
No comments:
Post a Comment