Saturday, November 2, 2013

Ja Pa

JA PA STORIES

Die gras sny

Die vertelling  speel hom af in die sestigerjare. Die gesin bly in die middel klas  woonbuurt. Ouerige huis op ‘n groot burgererf met hope speelplek en ‘n hoenderhok in die agterkant en nog ‘n woonstel agter waar ‘n oujongnooi woon vir ‘n ekstra inkomstjie vir die huishouding.

Dit is aand en die son het gesak en pa staan in die kombuis en sluk so proe proe sy koffie.

Sy seun Dirk kom ingestorm in die kombuis kaalvoet en sy hemp hang  uit.

Naand Pa” “naand Dirk” se pa.

Skielik onthou Dirk – moes ek nie die gras gesny het nie? O magtig ek het vergeet. Nou het ek groot probleme – hoe gaan ek uit die eenkom?

My gedagtes dwaal na die sink kano wat op sesmyl spruit se bodem le lekker vasgemaak met ‘n sterk tou sodat ons hom weer kan kry by die wilgerboom.

Dis darem te swaar om met die fiets te karwei.

“Het jy vandag toe die gras gesny?” vra pa.

Nou sal ek vinnig moet dink want ek het mos nou aan die kano gedink in plaas van die grassny .

My toon boor so in die linoleum in soos ek dink – my hand vryf oor my kortgeskeerde hare – meteens weet ek

“Pa ek het kwaai gesukkel met die mengsel van die masjien – die tweeslag werk nie lekker nie”

“Ai mannetjie jy moet beter oplet as ek jou die ding wys” berispe pa en ek se dadelik Ja Pa sodat hy weet dat ek oplet as hy met my praat.

Nou ja more is saterdag en ek sal jou weer wys hoe om die grassnyer aan die gang te kry en dan kan jy die gras sny sodat dit netejies lyk”

Ja Pa ek dink dit is goed “ se ek gou gou sodat Pa kan sien date k wil werk in die tiun –al wil ek eerder gaan roei met my sinkkanoe in sesmylspruit. Dit is nogal Vaatjie – as hy inklim dan sak die skuit veral as hy agter sit.

Fluit fluit my storie is uit


Ja Pa

JA PA STORIES

Die hoenderhok

Die vertelling  speel hom af in die sestigerjare. Die gesin bly in die middel klas  woonbuurt. Ouerige huis op ‘n groot burgererf met hope speelplek en ‘n hoenderhok in die agterkant en nog ‘n woonstel agter waar ‘n oujongnooi woon vir ‘n ekstra inkomstjie vir die huishouding.

Dit is aand en die sone het gesak en pa staan in die kombuis en sluk so proe proe sy koffie.

Sy seun Dirk kom ingestorm in die kombuis kaalvoet en sy hemp hang  uit.

Naand Pa” “naand Dirk” se pa.

Skielik onthou dirk – die heonderhok is nog nie toegemaak nie. Hy hoop pa gaan nie vra nie.

“Dirk is die hoenderhok toe? Kom die vraag.

“Nee pa ek het vergeet”

“Nou hoe dan nou – het jy die pak vergeet wat jy laasweek gekry het daaroor?”

“Wil jy weer gefoeter word daaroor” “Ja pa ek bedoel nee pa”

Bars die woorde uit.

Ek is maar bang want die hokke is agter in die erf en dit is donker. My fits se lig is pap want ek het hom aangelos in die kamer toe ek met hom gespeel het.

Ek hoop maar net pa vra nie

“Gaan haal jou flits” “Ja pa”  hoe kan hy my gedagtes lees wonder ek.

Ek hoop nie die hoenders is in die boom nie dink ek want dan moet ek al dertig vang en een vir een in die hok indra. Die flits is pap en ek kan nie vir pa se flits vra nie.

Net toe ek terugkom met die flits in my hand vra pa “Laat ek sien of die battery nog sterk is.”

Onskuldig staan ek daar en stel vreeslik belang of die flits werk

“Gaan haal my flits” Hierdie een se baterye is pap.” “Ja pa” en ek hol daar uit.

Gelukkig is die flits werkend en die hoenders sit nie in die  boom nie en ek kan net die slot opsit

Fluit fluit my storie is uit


Hygend kind

Hygend kind


Getremd kom hy
aan in die lewe
Rasper fluitend
Is hy gestremd
Klink dit vir my

Hoekom ek Here
Skreiend die vraag
Onbeantwoord bly dit
Verward is die oog en siel
Weet nie wat nou

Wat se die mediese wetenskap
Weet nie
Van mens na mens gehardloop
Dom is hulle - kan nie se
Wat van God?

Almal toop en se
“ag shame wat is fout?”
Wegdraai van my kop
Gee nie om nie
Dit is my kind
Dit is my kind

Gekoester in my baarmoeder
Vir ‘n lange tyd
Is dit die rook wat ek gerook het
Is dit my straf steier die vraag uit my uit
My skuld?

Hoekom is hy so maer? vra goedbedoeld
Vir my
Ek weet nie – ek is nog te nuut in die game

Antwoord le by christen dokter
Gee hom peanut butter
En sowaar
Dit werk

Die tyd hardloop en oumensraad werk weer
Hy sal dit ontgroei is gese
Wag maar net geduldig
Mensverklaring kan nie dit verklaar nie

Tyd heel baie dinge
Wat ons kitstyd nie kan doen
Gaan nou heen en kniel betyds
Oor die gestremdheid verdwyn






Bosvrou

Bosvrou

Ek ken ‘n bosvrou iut
oerverlede van my
n bosvrou wat geloop het
in die kransberg van ouds

waar Marais gepraat het van
 burgers van die berge
en die siel van die
 mier ontleed het

sy het met 3006 geloop
 en sy kon hom skiet
in die veld was sy koning
in die aand om die vuur
kon sy sing dat jou siel drup
oor muphunyane

my bosvrou van nou
ken ek van die stad
waar in toring gebou sy
die natuur help beskerm
wat tuis is in die veld

sy is tuis in die lodge
waar hand masseer word
soos ‘n prinses
dit is maar deel van roetine

deur die nag word die lewe duidelik
van die bosvrou
en die siel is oop vertellend van die
waardes wat dryf
om die natuur te bewaar

wat die kalagadi help bewaar
waar sekretarisvoel heers
waar rooisand almal bekoor

die avontuur van die lewe
is deel van die geskiedenis van
 die bosvrou van nou
die werk in die natuurpark
op verafgelee plek

sy het ‘n traan in haar oog
oor die klein renoster wat verward hardloop
oor die klap klap van stroper se chopper



Eensaam siel

Eensaam siel

Jy wat met die kwas kan toor
Jy wat met die woord kan toor
Jy wat uit hout uit kerf
Jy is die skepper van die siel
se gesprek

Soms is dit daar vir gewin
Van geld pond tien
soms tot slegs die suiwer genot
van uiting gee aan wat my
siel se gedagte is.

eensaam siel is ek
want ek skep slegs wanneer
ek in die dieptes is
daardie een woord of prent
wat in my kop is
volmaak verwoord of geprent
gekerf ook uit afrika se hout

wanneer is ek by God?
Wanneer is ek nie meer eensaam siel?
Waneer ek kan sing - die lied van om hom te eer
Saam met die engel skaar
Wat dien sonder om te huil
Om te kan skep deur sang
Van God se genade vir eensaam siel

Dwalend in die nag
Wegbly van die rekenaar
Weier om te skep want ek is naar van vrees
Dat ek my siel sal ontbloot
om
voor mens vertrap te word
uitgelag te word

Maar ek weet
Daardie tyd sal verbygaan en ek sal kan sing
Van die verlossing van my diepe pyn
Wat my dwing om woorde te tik
Wat my verlore laat gaan
Wat my kwas wil laat stilstaan
wat my mes stomp maak vir die afrikahout


ek is eensaam siel tot daardie tyd 

Matriarg

Matriarg

In die afrika bos is die
olifant moeder die matriarg
van die teeltrop is sy die koning

met oergeheue en volop legende
is sy die een wat die pad ken
na watergat gesprei oor die veld

net so is daar die mense moeder
oumagrootjie die matriarg
leier van die mensetrop
rug al krom getrek
maar wysheid le diep gewortel in die jare

matriarg het die pad geloop
van droogte na waters waar daar rus is
na poele van water en riete
vir kalftyd goed gekies

van paartyd weet sy en kan haar dogters
in die trop vertel sou sy kon praat
 soos mense kind
maar sy moet op instink peil trek
van ou bul wat kom kies uit die trop
sodat sy tande erfenis sal kan voortdra

stoffies dartel onder die voetsool uit
ivoor is links geslyt net soos oerouma
van mensekind
hul oe het als gesien
nou is dit net nog die wagtyd vir die eindtyd

Afrika legende van olifant begraafplaas
is bekend ook by die mens
soms hunker hul na daardie tyd
soos wanneer jagters skoot die dogter vat
die kanker weer kom vat
die skoot klap vir bietjie ivoor
dan is dit swaarder as die pad
na die water in dorre streek

nou is dit nog tyd vir raad
vir wys waar die watergate wat
die soel water hou wat nie brakwater gee

sou die dogter wat  matriarg moet word
 maar net wou luister na erfenis gedagte
van die afrikabos se matriarg


 wees maar die leier van die trop my kind

Robert Reinecke

Robert Reinecke

Held van gisterjaar
Held van vryheidsoorlog
Van stryd tussen boer en brit
Van engels naam en boerebloed

Kartetse bars teen kliprant in die afrikaveld
Rotse spat - perde runnik
Van geweld tussen boer en brit
is
 die stille getuienis van die wind
wat soms snerpend koud is
soms dwarrelwind

stil hang jou portret teen die muur
jou mooie snor jou soldatetrots
jou uniform
van staatsartillrie mooi versier
helder oe wat ‘n bars kan kyk
is my metgesel in my stille kamer

op jou graf in heldeakker
sit ek en my seun ‘n blom neer
‘n kort minuut in my lewenstyd
om jou oppofferring te gedenk
wat gedoen is om die nasie te bou
sonder om kind te baar

jou moeder van engeland het jou ge-eer
deur vir jou ‘n grafsteen te bou
wat kortliks van jou se
van jou onstaan tot jou dood

was jy ook bang ?
het jy ook aan  God gedink
op jou sterwensuur?
hoe min weet ek van jou my held
jy wat kortgeknip is in geweld
van stryd tussen boer en brit

al wat oor is is jou graf en jou portret
en die vryheidsdrang van my volk
latent in my gedagte

Held van gisterjaar
Held van vryheidsoorlog
Van stryd tussen boer en brit
Van engels naam en boerebloed


Robert Reinecke

TWEE KOMMA VIER

Twee komma vier

Staaldak webbing en geweer
Bulder die korporaal
Aantree Antree in die pad
Army links se hy gou

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!

Hoogvoor troep -  Hoogvoor troep
Vat die pas vat die pas
Is die bevel
Met staaldak webbing en geweer
Nou is dit twee komma vier

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!

Boots is vas klip is in die webbing
Looi hom troep Looi hom troep
Op die wegtrekstreep is
Dit tyd om te gaan

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!

 kuite bultend
Is dit nou twee komma vier
Staaldak webbing en geweer
Asem blasend water vloeiend
Is dit twee komma vier

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!


Jy is amper daar my makker
Looi die bus looi die bus
Is die kreet van hulle wat daar is

Ritmies klap die voeteval
Ritmies klap die voeteval
Hou hom aan die loop Hoe!
Hou hom aan die loop Hoe!


KRUMMELS VAN TYD

Krummels van tyd

vyf minute in die oggend
vyf minute in die middag
perhaps maybe
 ‘n bietjie hier en daar

die liefde
geprewel in die kerslig van restuarant
Is ‘n klug
dit kan nie hou nie
want tyd het dit gesteel

die erosie van tyd
saamwees omdat ek wil
is die sondaar dink ek
maar ek weet nie

die wegdryf van God
het ook met dit te doen
die tyd van huisgodsdiens wat verval
het ook met dit te doen

die bande van saamwees
word vermoeid
nie belangrik genoeg
nie tyd gemaak vir die
stille saamwees nie

die klik klak van selfoon het
ook met dit te doen
die tyd wat dit steel is eens te erg
stille saamwees
en gedagtes deel
het dit gesteel
nog net die een boodskap
dan is my tyd weer joune
sy toet toet deuntjie is
al weer daar

televisie met die belofte
van entertainment
is ‘n wrede heerser
die heerser word jou god
en Jou God is vergeet

so liefde se oplossing le
in tyd dink ek
as dit waar is
maar ek weet nie