WAGSTAAN IN DIE NAG
wagstaan is die lot van ‘n troep
in my jongmens lewe het ek geleer
wat dit is om wag te staan
terwyl ander jolyt op die stoepe van hatfield
ander wat vry op klapperkop
die “rower” troep wagstaan in a basis
met ‘n toring kompleet
‘n soeklig wat rondtomtalie speel
‘n bedonderde korporaal wat
vir homself kwaad is omdat hy
wagbevelvoerder is
wagstaan in die opsgebied
met bunker en al kompleet
met eerste en laaste lig
want dit is aanvalstyd
staaldak en geweer gereed terwyl
die son sak en styg
wagstaan of eerder wag le
op patrolie in TB
in hinderlaagstelling vir
ters wat nie kom nie
wagstaan is my lot terwyl die maan oor my gaan
die wolke speel met die skaduwee
my gedagtes ver by ‘n meisie wat nie verstaan
wat haar bloupas skryf om y te se
ek het iemand anders gekry
iemand wat nie hoef wag te staan nie
No comments:
Post a Comment