Tuesday, October 8, 2013

Skietbaan

Skietbaan




en jy het gedink ‘n skietbaan is vir skiet?

hoe dom kan ‘n sivvie wees

voor jy kan skiet moet jy eers

die skietbaan ken



nommers hardloop met stomp

van alpha een tot die laaste een

twee man - voor en een agter

teen die wal op en weer af



lekker fiks hardloop ons hom kaf

oorpak wit van salpeter

ek en rocher my paal buddy

hoe kan ek vergeet



hurkspronge van 300 meter tot 200 meter

luiperdkruip van 200 na 100 meter

starjumps of boodbjaanloop van 100 meter na wal

bewaar jou siel as jy kortpad vat

binnekort sal jy se

kannie meer korporaal





nou eers kan jy skiet

geweer moet jy ken

dis jou vrou – nerens gaan jy heen

vir niemand leen jy haar

as sy val val jy langs haar



goed geolie maar nie van drank

le jy aan en hoor bevel

le houding laai

R1 gespan eers later geleer

die R staan vir republiek

wat verwoerd uitgeroep het

een of ander tyd



bevel gebulder

ontlaai – gaan deur die aksies

hand in die kamer on te check vir rondte

is mos my vrou



dan beweeg jy aan

kniel houding laai

skote klap op terr teiken – die ritueel word weer gedoen



dan beweeg jy aan

op 100 meter hoor jy staan houding laai.

Uiteindelik klaar vir die dag

rekord gehou – amper soos gholf

Maar niks gekroek want korporaal hou jou dop

‘n valk sal bloos so swak is sy sig





Hoogvoor is die bevel

op pad terug na opman geboue

is dit vorentoe en agtertoe

Op infantrie skool se pad

leergimnasuim is nie anders

“hou hom aan die loop”

is die refrein van die squad

wat gedreunsang word.



na pienkmelk en chips van die kantien

moet jou vrou van kop tot tone

van kolf tot loop gesalf word

hoe verlang ek nou

na die tee en toebroodjie om 10 or tien

nie ‘n minuut vroer of later



Vir inspeksie le sy op die bed

uitmekaar sonder iets

kaal en sonder stof net met dun laag olie

is sy gesalf met ‘n 2 x4 lappie



op parade stap jy na vore

die kolonel gee jou skietbalkie

swart of silwer of goud

salueer en voel trots



Jy het iets bereik

Wonder waar is die balkie nou

wat ek so hard voor gewerk het



valplate is my gunsteling

ek klap hulle een vir een

tsoing gaan die klank

en die valplaat val



later leer ek boslaan stap met geweer

in die skouer gereed vir die terr

een na die ander klop ek hulle en tel my skote

vandag kan ek skiet want ek het geleer

stap vir stap



en jy het gedink die skietbaan

is net ‘n skietbaan

dit is vir ewig herinnering.

No comments:

Post a Comment