Noag en die Ark
vanoggend wou ek nie
kerk toe gaan
luierend op die bed
kan baie verskonings vind
meteens kyk ek op my horlosie
en besef dat ek dit kan maak
snel is my aksies
vinnig my gedrag
om wel kerk toe te gaan
min wetend
wat die belang is van die diens
die mees belangrikste diens
in my lewe
dit is soos
die afspraak met die dood
wat vir my wag
en ek weet nie dag en tyd
die predikant begin
sang en vers is dit
so word gelees uit genesis
van noag en die ark
het dit al so baie gehoor
dink ek
skielik sit ek regop
want die een is anders
ek hoor van die sydeur
wat Christus is
wat die deur is na God
ek hoor die mates van die ark
nou dink ek nie meer waarom nie
maar ek hoor die voorskrifte van God
wat verwag hy van my
kan ek voldoen?
ek hoor van die Here God
wat die veilige hawe is
en ek sien die ark voor my
en ek weet skielik dit is waar.
dit dreun voort in my kop
maar my aandag is daar
ek hoor dat geloof moet wees maar
Noag moet bou - hy moet werk
anders kom die ark nie klaar
die pik is belangrilk
want dit maak toe
sodat die water nie
kan inkom nie
dit is soos God se genade
dit maak seker dat
ek nie gaan sink nie
die Here God waarsku
vir Naog en sy gesin
om die ark te bou
almal spot en lag
die nuwe testament nooi
my ook uit om met die
sydeur in te gaan
ek moet bou besef ek nou
my ark moet staan want die
veertig dae en veertig nagte se reen kom
jy word ingenooi om die ark
binne te gaan net voor die ramp gebeur
moenie huiwer nie
vat die verlossing wat dit bied
niks is voltooid sonder die Gees.
Hy maak die diere bymekaar
van alle soorte
so is die mensdom ook
verskeidenheid van diere wonder ek
ek verstaan nie heeltemal die diere nie
die predikant hoes
hy het geen water op die kansel nie
onverstoord gaan hy voort
die raakvat susters wat altyd
water aandra is nie daar
ek wonder hoekom ek nie gaan
ek besef toe
daar is nie tyd nie
die preek moet klaar
steuring is nie vir nou
ek moet vandag verstaan
sodat ek kan bou
aan my eie ark want die Here
het my laat verstaan
op die dag wat ek nie wou gaan.
kan net op my kniee gaan en se dankie
dat U ‘n dienskneg op my pad geplaas het
om die skille van my oe af te haal
oor die woord wat vertel van die ark
No comments:
Post a Comment