Tuesday, October 8, 2013

Asblikmensies

Die asblikmensies

in die oggend sien ek hul

grawend in die rommelsak

soekend na iets

soms is dit seker kos anders is dit

iets om te verkwansel soos skroot



my pens is dik gevreet aan pap

lekker het die kos in my keel afgegly

met ontbyt

nou wil ek stik

want elkeen wat ek sien is maer

nog nooit een gesien wat rondvet is nie.



en ek voel vet

dikgevreet soos ‘n bosluis

rond en vet van die kos

en my gemaklik lewe



voetsek hoor ek die skelstem

van die vrou wat uitkom vroegoggend

om die sak uit te sit

sigaret dartelend tussen lippe



Jy bly uit my sak uit

gaan soek vir jou werk

sodat jy nie hoef te krap

jou sleg mens voetsek



wonder ek nou waar

moet die een werk kry

ek weet hoe maklik is

dit is om nie werk te kry



dalk word jy ook ‘n asblikmens

wat op die afval van die lewe

moet staatmaak om aan die lewe te bly



naderhand sien ek hul nie meer

want die pad is nou anders

die trane bly biggel

oor die asblikmensies



maar daar is geen verskoning vir my

by die werk is hul vergete

dink ek nie meer aan die swaarkry en honger nie



iemand vra- het jy nie ‘n donasie nie vir liefdadigheid nie?

dit ruk my na my standaard verskoning

maar vandag is anders

want ek het die asblikmensies

meteens weer gesien in my gedagte









No comments:

Post a Comment