Kluisenaarsiel
op die dor vlaktes van
my kluisenaarsiel
val die eerste druppels van
liefde
onherroepelik
is ek daarmee heen
eers verset ek my
dan duck en dive ek
my troebadoor bestaan
wil ek nie verruil
in my eensaam skag
is daar vertroosting
want ek weet wat om te verwag
met laatmiddag son
galop my perd
teen die sonondergang se stof
my hare en baard is wild
verskrik kyk die mense my
hy is ‘n wilde kluisenaar
is my brandmerk wat ek dra
kinders bly weg van hom
want hy is nie van ons
die druppels word strome
die strome voed my
en ek word meegesleur
in die passie van die nag
ek gallop nie meer op my perd
dit is vir eers verby
my baard en hare is getrim
my vellies is verruil
vir stadsversoening
dwingend wil ek terug
na veilig hawe
van wat my kluisenaar siel ken
tussen twee tye leef ek
een in die verlee - een in die huidig
twee tye soos na die oorlog
ek weet van die een en ek kan nie terug
na die ander een
maak my weerloos
teen die druppels wat val
op my kluisenaarsiel
No comments:
Post a Comment