Tuesday, October 8, 2013

Jakaranda prag

Jakaranda Persprag



oktober is die tyd

van tooi met blomme

‘n stad met persprag



duisende bome kreun van die vrag

mens en kar gly op die

pers tapyt wat le soos sneeu

niemand word kwaad nie

want dit is tog te mooi



lanings geplant in dubbel ry

vir staatsamptenaar

sodat hy tog nie son moet kry



tradisie tyd is student se guitig lag

as die blom op my

kop val gaan ek slaag



tradisie tyd is soldaat se plan

vang die eerste blom

dan weet jy kursus is amper klaar

die kursus waar jy leer

om mense dood te maak



wit jakaranda is hier ook

gebring van verre land

om anders te wees

maar persprag is te sterk



tagtigduisend bome is gesaai

en is en bly ‘n vreemdeling

in ons Dorland

maar gedy in stad



wet verbied die boom

maar dit help nie want

hy is deel van ons kultuur

in hierdie stad



radiostasie skreeu heeldag deur

jackieranda met sy klingels

wat mens se siel versteur



vroue in kantoor neurie saam

die hele dag deur

jacarnda se klingel

die persprag deel van hulle





JA PA STORIES

JA PA STORIES



Die fiets



Die vertelling speel hom af in die sestigerjare. Die gesin bly in die middle klas woonbuurt. Ouerige huis op ‘n groot burgererf met hope speelplek en ‘n hoenderhok in die agterkant en nog ‘n woonstel agter waar ‘n oujongnoi woon vir ‘n ekstra inkomstjie.



Dit is oggend en pa staan in die kombuis en sluk so proe proe sy koffie af voordat hy in sy splinternuwe mercdes werk toe ry



Sy seun Dirk kom ingestorm in die kombuis kaalvoet en sy hemp hang uit.



“More Pa” “More Dirk” se pa.



Pa kan ek saam met pa ‘n lift kry skool toe” Dirk dink dit is nogal slim dan kan hy met die Mercedes afgelaai word. Vaatjie se oe sal uitval as hy sien hoe ek uit daai slap mercedes uitklim



Jy moet nie jou taal so meng nie – mens praat nie van ‘n lift nie – dit is ‘n saamrygeleentheid. Jy is mos ‘n Afrikaner en nie ‘n pommie nie. Jy moet onhou hulle het die boere verniel in die Vryheidsoorlog.



“Ja Pa ek sal probeer onthou – kan ek maar die lift ………..rygeleentheid kry”



“Seun nou waar is jou fiets ?”



“Pa sy wiel is pap en dit is wragtag te ver om te loop met hierdie swaar tas” Die teerpad word baie warm”



“Waar kom jy aan die kragwoord – ek hou nie daarvan dat jy so praat nie – eers die engels en nou die amper vloekwword. Waar kom jy daaraan.”



“Ek het dit by pa gehoor toe daai boemelaar weer kom bedel het toe het Pa gese wragtig as ek nie my sonde ontsien nie………….. “



“Hoe lank is die wiel al pap?



“Pa hy het gister na skool begin pap word en toe was dit te laat om patch en solution te kry by Piet van Wyk se winkel en my geld is klaar.”



“Al weer die engels – wanneer gaan jy dit regkry “



“Pa wat is die Afrikaans vir patch en solution?



“Dirk laat jy jy kos insluk sodat ons kan ry knor pa nou”.



Dirk vanmiidag as jy van die skool af kom gaan koop jy daardie fietsherstelmiddels – hier is a pond maar ek wil di kleingeld dien e jy verlloo nie die pond nie.



“Ja pa “



“Dankie hond brom pa “



“Skuus pa – dankie pa”.



“Nou laat ons ry – bring jou boeksak”



“Dankie Pa”



‘Jy moet onthou om die tuin nat te gooi met die sproeier as jy by die huis kom dan hoef ek of jou ma dit nie te doen nie’



“Ja pa maar wat van my huiswerk - wanneer moet ek dit doen?”



“Doen eers jou huiswerk en as dit koeler is dan gooi jy die tuin nat. Dit is altyd beter om eers as dit koel is die tuin nat te gooi. Ek het dit mos al vir jou geleer of het jy alweer vergeet.



‘n Afrikaner weet mos sulke dinge



Die deure klap toe en die Mercdes is vort na die laerskool



Vaatjie staan by die hek en wag en hy gee een lang fluit toe Dirk uit die Mercides klim





Fluit fluit my storie is uit

Gevegsdril

Gevegsdril by infanterieskool



Dit alles begin by infanterieskool

op peleton bevelvoerders

onsgaan vandag leer van gevegsdril

se Spoegies samajoor



op die Landrovers en as julle

die thunderflash hoor

spring julle af en loods die aanval

die linkervoorwiel is uitgeskiet is die

prent in jou kop



aanval na aanval word geoefen

met Landrover wat eLke

nou en dan sy linker voorwiel verloor

elke keer is die terrs op die hoe

grond en jy moet deur die

vuur en beweging dril gaan

saam met jou buddy.



voor Ratel tyd ons hoor net hoe

Armscor die Ratel bou

nou is dit Saracen se tyd

klink soos n maer vark as hy ry

beknop as hy jou in sy pens invat.



die hele dag is dit in en uit

met geweer en staaldak

die sweet vloei soos waterstrome

vandag ry ek op N1 en daar

staan ‘n Saracen in skrootwerf

wil hom koop vir my tuin

sodat ek weer troep kan wees





Later maak Ratel sy verskyning

En onthou ek die dae van sweet en suffer

As ek die gehoes hoor van die

20 mil en die browning wat knitter

Weet ek dat die moeite werd was

om gevegsdril te leer



vir mobiele oorlog soos Roland dikteer

met 61 Meg in Afrika se stof.

Turnhalle

Turnhalle

op die sypaadjie sit die boesmans

of soos tans bekend die Khoi San

voor die hotel in Klein Windhoek weg

skoene is uit

rustig vanaf verre boesmanland



hulle kom vir die uitsorteer van

duitswes se mandaat om

‘n land in eie reg te wees

dirk mudge is koning van die proses



knaend in die koerant

stippel hy die pad uit

nie almal stem saam maar hulle is daar.



die turnhalle was ‘n seinstoor

van militere toerusting

uitgegooi om plek te maak

vir mense wat wil praat



geverf en gepolish

vir banke wat moet in

vir afgevaardigers van die turnhalle

wat moet praat oor die land se toekoms



uiteinde van die gesprek

is dat die

informele duitswes lied net dit bly

‘n bier aangedrewe lied

van “sonne verbrandt “

In die sportsbar met die groot toonbank



van duitse bierfees tot schone madchen

wat emmers vol bier rondra

en gemutlich te wees



word die bestemming van die land

uitgestippel

in die gebou wat bekend is

as die turnhalle



almal praat saam

en ovambo, herero, boesman, ovahimba

en duitser met skoot afrikaner bygegooi

maak die land

‘n land van vele

tale en kulture

‘n vry land vir tyd wat voorle in die son

Kluisenaars siel

Kluisenaarsiel

op die dor vlaktes van

my kluisenaarsiel

val die eerste druppels van

liefde



onherroepelik

is ek daarmee heen

eers verset ek my

dan duck en dive ek



my troebadoor bestaan

wil ek nie verruil

in my eensaam skag

is daar vertroosting

want ek weet wat om te verwag



met laatmiddag son

galop my perd

teen die sonondergang se stof

my hare en baard is wild



verskrik kyk die mense my

hy is ‘n wilde kluisenaar

is my brandmerk wat ek dra

kinders bly weg van hom

want hy is nie van ons



die druppels word strome

die strome voed my

en ek word meegesleur

in die passie van die nag



ek gallop nie meer op my perd

dit is vir eers verby

my baard en hare is getrim

my vellies is verruil

vir stadsversoening



dwingend wil ek terug

na veilig hawe

van wat my kluisenaar siel ken



tussen twee tye leef ek

een in die verlee - een in die huidig

twee tye soos na die oorlog

ek weet van die een en ek kan nie terug

na die ander een



maak my weerloos

teen die druppels wat val

op my kluisenaarsiel





Motorfiets

Die motorfiets

my hare is plat

my kop is gesweet

maar ek hou daarvan

my adrenalien het gepomp

ek het die noodlot getart



van antieke sidecar

tot scrambler

en padfiets met

saalsak is ek op pad



op pad na avontuur

op pad na vreemde blyplek

met dreuning onder my sitvlak

ek kan nie dink

want my hart klop wild



ek moet staan en ry

want dit is deel van my avontuur

ek is bang maar ek druk deur

want ek is nou deel van ietsie anders



deel van ‘n ander groep mense

wat ek nie ken

‘n sheila en ‘n ducktail

soos in my jeug

toe my pa my verbied

het om ooit op die

duiwelse ding te klim



uitdagend skud ek my kop

as ek die helmet

afhaal asof ek gesout is

in die tipe ding

soos die cherries op die ander ysters



my avontuur het maar begin

op die ysterperd

want ek leer dinge wat ek nie ken

dinge wat lekker is

omdat dit vreemd is

en onbekend



veilig voel ek want ek het vertroue

gekry in die hand wat die bike hanteer

nooit moetswillig want jeug dikteer nie meer



waar die pad heen ly vra ek nie meer

want dit is ‘n groot avontuur

wat my jeug laat tintel in my bloed

ek is weer jonk en wild

die kruis

Kruis op die berg

laatnag op pad

by warmbad brand die kruis

op die Waterberg se voetheuwels

op reis op die snelweg

na pretoorsdorp



die kruis brand helder

op

Mohale se berg



wat nou van Islam en

Mohammedaan

wat ook daar bly

waar is sy teken

aanvaar hulle dit?



hardloop met kiste

op hul kop

in middeooste

wat se hulle daarvan



wat se dit vir my?

Is die betekenis by my gevestig

of is dit net

iets wat ek sien

maar nie weet wat ek sien nie



die wit kruis langs die pad

wat vertel van sterfte

wat is die verhaal daarvan



wat van die kruis wat ek dra

die kruis van siekte

en eensaamheid



waar is die boodskap

waar is die redding

waar is die gebed

wat my verlos



ek weet

dat ek kinderlik moet glo

my trane biggel sonder dat ek huil

want ek weet ek is vergeef

ek is verlos

want ek glo



geen kruis op ‘n berg

is so sterk soos wat ek glo

dankie Jawe – ek glo







Noag se Ark

Noag en die Ark

vanoggend wou ek nie

kerk toe gaan

luierend op die bed

kan baie verskonings vind



meteens kyk ek op my horlosie

en besef dat ek dit kan maak

snel is my aksies

vinnig my gedrag

om wel kerk toe te gaan



min wetend

wat die belang is van die diens

die mees belangrikste diens

in my lewe



dit is soos

die afspraak met die dood

wat vir my wag

en ek weet nie dag en tyd



die predikant begin

sang en vers is dit

so word gelees uit genesis

van noag en die ark



het dit al so baie gehoor

dink ek

skielik sit ek regop

want die een is anders



ek hoor van die sydeur

wat Christus is

wat die deur is na God



ek hoor die mates van die ark

nou dink ek nie meer waarom nie

maar ek hoor die voorskrifte van God

wat verwag hy van my

kan ek voldoen?



ek hoor van die Here God

wat die veilige hawe is

en ek sien die ark voor my

en ek weet skielik dit is waar.



dit dreun voort in my kop

maar my aandag is daar

ek hoor dat geloof moet wees maar

Noag moet bou - hy moet werk

anders kom die ark nie klaar





die pik is belangrilk

want dit maak toe

sodat die water nie

kan inkom nie

dit is soos God se genade

dit maak seker dat

ek nie gaan sink nie



die Here God waarsku

vir Naog en sy gesin

om die ark te bou

almal spot en lag



die nuwe testament nooi

my ook uit om met die

sydeur in te gaan

ek moet bou besef ek nou

my ark moet staan want die

veertig dae en veertig nagte se reen kom



jy word ingenooi om die ark

binne te gaan net voor die ramp gebeur

moenie huiwer nie

vat die verlossing wat dit bied



niks is voltooid sonder die Gees.

Hy maak die diere bymekaar

van alle soorte



so is die mensdom ook

verskeidenheid van diere wonder ek

ek verstaan nie heeltemal die diere nie



die predikant hoes

hy het geen water op die kansel nie

onverstoord gaan hy voort

die raakvat susters wat altyd

water aandra is nie daar

ek wonder hoekom ek nie gaan



ek besef toe

daar is nie tyd nie

die preek moet klaar

steuring is nie vir nou

ek moet vandag verstaan



sodat ek kan bou

aan my eie ark want die Here

het my laat verstaan

op die dag wat ek nie wou gaan.



kan net op my kniee gaan en se dankie

dat U ‘n dienskneg op my pad geplaas het

om die skille van my oe af te haal

oor die woord wat vertel van die ark



Asblikmensies

Die asblikmensies

in die oggend sien ek hul

grawend in die rommelsak

soekend na iets

soms is dit seker kos anders is dit

iets om te verkwansel soos skroot



my pens is dik gevreet aan pap

lekker het die kos in my keel afgegly

met ontbyt

nou wil ek stik

want elkeen wat ek sien is maer

nog nooit een gesien wat rondvet is nie.



en ek voel vet

dikgevreet soos ‘n bosluis

rond en vet van die kos

en my gemaklik lewe



voetsek hoor ek die skelstem

van die vrou wat uitkom vroegoggend

om die sak uit te sit

sigaret dartelend tussen lippe



Jy bly uit my sak uit

gaan soek vir jou werk

sodat jy nie hoef te krap

jou sleg mens voetsek



wonder ek nou waar

moet die een werk kry

ek weet hoe maklik is

dit is om nie werk te kry



dalk word jy ook ‘n asblikmens

wat op die afval van die lewe

moet staatmaak om aan die lewe te bly



naderhand sien ek hul nie meer

want die pad is nou anders

die trane bly biggel

oor die asblikmensies



maar daar is geen verskoning vir my

by die werk is hul vergete

dink ek nie meer aan die swaarkry en honger nie



iemand vra- het jy nie ‘n donasie nie vir liefdadigheid nie?

dit ruk my na my standaard verskoning

maar vandag is anders

want ek het die asblikmensies

meteens weer gesien in my gedagte









Diepe Rou

Diepe Rou

‘n tyd het gekom en gegaan

die tyd wat gekom het was die liefde gewees

die tyd wat gegaan het was die liefde wat getaan het

my in die dieptes van rou gegooi het



my borswerings van kind wees laat opgaan het

wat my beskerm het toe

spottaal my lewe versuur het

al wat ek kan doen is om

stil te word en te verwerk wat met my gebeur



neskrop aan die voetheuwels van die waterberg

Marais se loopplek en kennis van sy smart

“O koud is die windjie en skraal”

is die refrein wat in my kop maal



ek moet keer

dat my smart en die rouproses

nie my menswees tas

my laat sink in die dieptes van smart

die trane van rou oor my hartkamers rol

my bloed verdun tot geen krag meer gewe



aan die einde is daar maar een raat

vermy en laat die pret en plesier hoogty vier

laat wyn se taal my lewe

laai met tydelik plesier



Is dit die antwoord?

Wagstaan

WAGSTAAN IN DIE NAG

wagstaan is die lot van ‘n troep

in my jongmens lewe het ek geleer

wat dit is om wag te staan

terwyl ander jolyt op die stoepe van hatfield

ander wat vry op klapperkop

die “rower” troep wagstaan in a basis

met ‘n toring kompleet

‘n soeklig wat rondtomtalie speel

‘n bedonderde korporaal wat

vir homself kwaad is omdat hy

wagbevelvoerder is

wagstaan in die opsgebied

met bunker en al kompleet

met eerste en laaste lig

want dit is aanvalstyd

staaldak en geweer gereed terwyl

die son sak en styg

wagstaan of eerder wag le

op patrolie in TB

in hinderlaagstelling vir

ters wat nie kom nie

wagstaan is my lot terwyl die maan oor my gaan

die wolke speel met die skaduwee

my gedagtes ver by ‘n meisie wat nie verstaan

wat haar bloupas skryf om y te se

ek het iemand anders gekry

iemand wat nie hoef wag te staan nie

Skietbaan

Skietbaan




en jy het gedink ‘n skietbaan is vir skiet?

hoe dom kan ‘n sivvie wees

voor jy kan skiet moet jy eers

die skietbaan ken



nommers hardloop met stomp

van alpha een tot die laaste een

twee man - voor en een agter

teen die wal op en weer af



lekker fiks hardloop ons hom kaf

oorpak wit van salpeter

ek en rocher my paal buddy

hoe kan ek vergeet



hurkspronge van 300 meter tot 200 meter

luiperdkruip van 200 na 100 meter

starjumps of boodbjaanloop van 100 meter na wal

bewaar jou siel as jy kortpad vat

binnekort sal jy se

kannie meer korporaal





nou eers kan jy skiet

geweer moet jy ken

dis jou vrou – nerens gaan jy heen

vir niemand leen jy haar

as sy val val jy langs haar



goed geolie maar nie van drank

le jy aan en hoor bevel

le houding laai

R1 gespan eers later geleer

die R staan vir republiek

wat verwoerd uitgeroep het

een of ander tyd



bevel gebulder

ontlaai – gaan deur die aksies

hand in die kamer on te check vir rondte

is mos my vrou



dan beweeg jy aan

kniel houding laai

skote klap op terr teiken – die ritueel word weer gedoen



dan beweeg jy aan

op 100 meter hoor jy staan houding laai.

Uiteindelik klaar vir die dag

rekord gehou – amper soos gholf

Maar niks gekroek want korporaal hou jou dop

‘n valk sal bloos so swak is sy sig





Hoogvoor is die bevel

op pad terug na opman geboue

is dit vorentoe en agtertoe

Op infantrie skool se pad

leergimnasuim is nie anders

“hou hom aan die loop”

is die refrein van die squad

wat gedreunsang word.



na pienkmelk en chips van die kantien

moet jou vrou van kop tot tone

van kolf tot loop gesalf word

hoe verlang ek nou

na die tee en toebroodjie om 10 or tien

nie ‘n minuut vroer of later



Vir inspeksie le sy op die bed

uitmekaar sonder iets

kaal en sonder stof net met dun laag olie

is sy gesalf met ‘n 2 x4 lappie



op parade stap jy na vore

die kolonel gee jou skietbalkie

swart of silwer of goud

salueer en voel trots



Jy het iets bereik

Wonder waar is die balkie nou

wat ek so hard voor gewerk het



valplate is my gunsteling

ek klap hulle een vir een

tsoing gaan die klank

en die valplaat val



later leer ek boslaan stap met geweer

in die skouer gereed vir die terr

een na die ander klop ek hulle en tel my skote

vandag kan ek skiet want ek het geleer

stap vir stap



en jy het gedink die skietbaan

is net ‘n skietbaan

dit is vir ewig herinnering.