Israel
hier in die land van die
bybel
word vertel die storie
van volke wat mekaar
haat
wat vir eeue lank al
baklei
van die beloofde land
wat ons van leer.
missiele se plofkop
ontbrand soos vlammehel
as dit afgeskiet word
oor beloofde land
die aarde sidder
as geboue inmekaar sak
en die bloed weer vloei
van treffer op treffer
van geskut
en die gedreun van
tenks en pantserkar
die paaie verswelg
soldate wat met lee oe
en geen glimlag
poseer vir ‘n foto saam
met toeris
ek was net hier vir
korte rukkie
maar die angs van die
mens
het my gevat
en my laat verstaan
hoe is dit om in die
beloofde land te woon
No comments:
Post a Comment